Dinsdag, 6 Februarie, het 60 van ons atlete aan die jaarlikse Interskole by Hoërskool Jan van Riebeeck se sportvelde deelgeneem. Daar was 9 skole wat op die dag teen mekaar deelgeneem het: Jan van Riebeeck, Kampsbaai, Duitse Skool, Reddam, Tamboerskloof, Sea Point, St. Cyprians, Kronendal en Houtbaai Internasionaal.

Die weer het saamgespeel en dit was ‘n ideale dag vir atletiek. Die dag het glad verloop en ons atlete het hulle puik van hul taak gekwyt. Ons het op ‘n hoogtepunt afgesluit en amper skoonskip gemaak met al die aflosse. Ons het ook op die dag die meeste punte verower en sodoende die interskole gewen. Die top 3 skole was:

  1. Jan van Riebeeck met 486 punte
  2. Kampsbaai met 413 punte
  3. Duitse Skool met 366 punte

Slegs die top twee atlete vir enige baanitem (uitsluitend 0.8 en 0.9) en die beste prestasie in die velditems kwalifiseer om deur te gaan na die Zone-kampioenskappe.

Ons atlete wat deurgaan is:
Cato Terblanche, 80m, 100m, 1200m en gewigstoot
Willem Viljoen, 70m H, 80m en 1200m
Maia du Toit, 70m H
Rafa Lamprecht, 70m H
Jack Dawes, 75m H en 150m H
Daniella Boshoff, 75m H en 200m H
Arjen Faling, 100m
Delmar Benecke, 200m, 200m H en 800m
Ellen van Heerden, gewigstoot
Jana Olivier, gewigstoot en diskus
Frank van der Walt, gewigstoot, spiesgooi en diskus
Carter Schoeman, gewigstoot
Jeanne van Heerden, gewigstoot en diskus
Stella Zulch, spiesgooi
Dylan Daniels, spiesgooi
Stella Pansegrouw, 150m H
Cara Stoltz, 150m H
Stephan Brink, 150m H
Michaan Naylor, 200m H
Dane Botha, 100m
Volg die skakel vir volledige uitslae.

Ons wens die atlete alle sterkte toe met die volgende rondte wat op 21 Februarie by Vygieskraal te Athlone plaasvind.