Ons jaarlikse kleure-atletiek het op 6 en 8 Desember plaasgevind. Woensdag was dit die velditems en ons atlete het dit baie geniet. Ten spyte van die temperatuur wat by 36°C gedraai het, het ons atlete uitstekend gevaar.

Frank van der Walt en Jana Olivier het albei die diskus rekord vir seuns en dogters o.13 verbeter.

Vrydag was dit tyd vir die baanitems en dit was ‘n ongelooflike dag. Die kleurgroepe het die pawiljoen pragtig opgemaak en die gees het oorgeloop. Musiek het gespeel, kinders het gesing en die atletiek was van baie hoë gehalte.

Delmar Benecke het die rekord vir 200m, 800m en 200m hekkies gebreek en Dawid-Wiese die 100m vir seuns ope.

In die junior afdeling is Cato Terblanche en Rafa Lamprecht as die beste dogter- en seunsatleet aangewys terwyl Jana Olivier en Delmar Benecke die senior afdeling gewen het.

Baie geluk aan die Oranjespan wat die atletiekbeker gewen het en die Blouspan wat met die geesbeker weggestap het.

Volg die skakel  vir die finale uitslae van die dag.

Neem asb. kennis, indien ‘n atleet ‘n eerste of tweede plek in enige baanitems of ‘n eerste plek in velditems verower het, kwalifieer hulle vir Interskole. Dit geld slegs vir o.10 – o.13.

Interskole sal op 6 Februarie by Hoërskool Jan van Riebeeck plaasvind.