Ons was weer bevoorreg om hierdie jaar twee ongelooflike lekker dae se atletiek te hê. Die weer het fantasties saamgespeel op beide dae. Die Blouspan het as algehele wenners vir die dag weggestap met 1789 punte. Die Oranjespan was nie ver agter nie en het 1783 punte vir die dag aangeteken. Die Oranjespan het wel die aflosbeker vir die dag gewen. Baie geluk ook aan die Blouspan wat die geesbeker gewen het.

Die volgende leerders is aangewys as die Victor en Victrix Ludorums vir die byeenkoms:

  • Junior seun: Rafa Lamprecht (o.10)
  • Junior dogter: Cato Terblanche (o.10)
  • Senior seun: Dawid-Wiese Viljoen (o.13)
  • Senior dogter: Klara Steyn (o.13)

Ons glo dat Sophia Liebeneberg se prestasies vir die dag en haar jare by die skool spesiale meelding verdien. Sy het vir oulaas 4 rekords by hierdie jaar se byeenkoms aangeteken en spog nou met 13 rekords op ons Kleurebyeenkomslys.

Atlete wat in die top 2 posisies vir baanitems en eerste posisie vir velditems geëindig het, kwalifiseer nou om deel van die Interskolespan vir 2023 te vorm. 

Die uitslae is ongelukkig te groot vir een PDF dokument. Let daarop dat daar twee dokumente is.

Des 2022-Finale uitslae 1
Des 2022-Finale uitslae 2