Laerskool Jan van Riebeeck se eerste seuns en dogterspanne het hul tennisvaardighede en spanpoging ten volle ten toon gestel tydens die Egalite Tennistoernooi wat van 21 tot 25 Julie in Sun City gehou is.
Van die land se top skole het aan die kompetisie deelgeneem en die Jannies het behoorlik uitgeblink.
Die seunspan het dit tot die uitspeelwedstryde vir derde plek gemaak en moedig gestoei tot ‘n puik vierde plek. Die dogterspan het hul teenstanders oorrompel en die toernooi met eerste plek afgesluit, ‘n uitsonderlike prestasie.
Die hele skool is uiters trots op elke leerder wat die Jannie-naam met trots, vasberadenheid en sportmangees verteenwoordig het. Julle het beslis Sun City bietjie Jannie-mag laat beleef.
