Vrydag, 26 Mei, het die landloop atlete aan ‘n wedloop te Kampsbaai deelgeneem. Dankie aan juf. Helene Slabbert wat die leerders vergesel het! Hiermee die uitslae:

Jasper Wolff (o.8) – 22ste
Lukas Loubser (o.8) – 21ste
Gia Kruger (o.8) – 17de
Ben Louw (o.9) – 36ste
Ella van der Walt (o.10) – 17de

Verlede Vrydag, 2 Junie, het ons ons eie pret landloopwedloop op die Tafelbergpad gehou. Dit was ‘n heerlike draf teen ons mooie Tafelberg met klein watervalle. Die volgende leerders het gehardloop:

Petronella Gouws, Ella Fischer, Anouk Jacobsz, Anna Leach, Ilan van den Berg, Alexander Styan, Lua Groenewald, Lukas Loubser, Luc Durand, Gia Kruger, Ben Louw, Leah Jacobsz, Maia du Toit, Hanna Thom, Cato Terblanche, Samuel Groenewald, Nell du Toit, Marais Groenewald en Sophia Terblanche.

Baie dankie aan almal wat deelgeneem het en ouers wat saamgedraf / aangemoedig het! Ons maak weer so!

Indien daar leerders is wat graag by Landloop wil aansluit, stuur gerus ‘n boodskap aan suzaan@jvrprim.co.za of op Skooler se Algemeen kontakgroep sodat julle ook Landloop boodskappe ontvang.