Uit die hoof se kantoor
Liewe Ouers Ek is seker almal byt nog vas en hou nog by, wat die skoolwerk betref!? Ek het so gehoop dat ek teen hierdie tyd vir julle kan sê hoe die res van die skooljaar gaan lyk, maar ongelukkig is dit nie die geval nie. Volgens vandag se Die Burger behoort ons teen Donderdagaand of Vrydagoggend ‘n redelike aanduiding te kry… so ongelukkig weet ons nog net wanneer die Gr.7’s gaan begin, nl. 1 Junie, maar ons weet steeds nie wanneer die res van ons leerders die skool moet bywoon nie. Ons weet ook nie hoe die skoolkwartale vir die res van die jaar gaan lyk nie. Daar was voorstelle van ouers wat gevra het dat ons die grondslagfase (Gr.1 tot 3) ook saam met die Gr.7’s moet laat begin, maar omdat ons nie ‘n privaatskool is nie, mag ons dit nie doen nie. Ons het wel die versekering van ons direkteur gekry dat die leerders nie aan die einde van die jaar oor 100% van die werk geassesseer en getoets sal word nie. Intussen het daar ook ‘n paar personeelskuiwe plaasgevind. Juf. Lize-Mari Schultz (nou Van der Bank!) het ‘n grondslagfase departementshoofpos by Laerskool Vredekloof, waar haar man skoolhou, gekry en sy het reeds by hulle begin. Juf. Maricqe Roos, wat reeds by die Gr.3’s betrokke is, sal in haar plek waarneem tot die einde van die...
Lees Verder