Skrywer: Suzaan Burger

Adan neem deel aan Argus

Adan Eksteen het Sondag, 8 Maart, aan die Kaapstad fietsrytoer in Kaapstad deelgeneem. Hy het saam met sy pa die 109km in 4 ure en 27 minute voltooi. Baie geluk Adan!

Lees Verder

Skooltye van verlede Vrydag

Ons wil om verskoning vra dat die skooltye verlede Vrydag verander het sonder dat ouers vooraf in kennis gestel is. Daar was ‘n miskommunikasie en die boodskap wat vroeër in die week gestuur moes word, het verlore gegaan. Jammer vir enige ongerief wat dit ouers veroorsaak...

Lees Verder

Trotse Jannie

Naam en van: Famke Schwartz Graad: 6B Waar woon jy?: Hoërskool JvR-koshuis Gunsteling vak: Ek geniet Wiskunde, want ek hou daarvan om probleme op te los. Ek is ‘n trotse Jannie omdat ek daarvan hou om mense te...

Lees Verder

WOW Spelfees 2020

Ons gaan weer hierdie jaar deelneem aan die WOW SPELFEES. Volg die SKAKEL na die woordelyste op ons webtuiste. Ons skryf binne die eerste 3 weke van kwartaal 3 (Julie) toets oor die eerste helfte van die woorde.

Lees Verder

Huppelland Aansoeke 2021

Ons aansoeke vir Huppelland is nou aanlyn en ons het tot dusver ‘n hele paar aansoeke ontvang. Daar is nog plek vir graad 00 en ons wil graag ‘n beroep op ons ouers doen om vir vriende en familie te sê van ons oulike Pre-Primêre skool en aanmoedig om aansoek te doen vir hul kleuters. Kleuters kan by Huppelland begin in die jaar wat hulle vier 4 word. Deel gerus hierdie skakel met julle vriende:...

Lees Verder

Woord van die week 88

kiekies Definisie: ‘n Klein foto wat meestal deur ‘n amateur-fotograaf geneem word. Sin: Die kiekies teen die muur is oud en vaal. Oorsprong: Die woord kiekies het sy oorsprong in die van ‘n bekende Nederlandse fotograaf, Israel David Kiek. Die woord is dus ‘n eponiem. Wenner: Mieke Huysamen...

Lees Verder

Liewe Aarde

Baie geluk aan ons Jannies van die week, Markus, Lukas en Lea de Ridder. Dankie dat julle so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio.

Lees Verder

Jannies Talent

Daar begin groot opgewondenheid heers oor die Talentkompetisie wat op Woensdagaand, 18 Maart om 18:30 plaasvind. Ons het bekendes wat kom beoordeel en daar sal sertifikate, medaljes en trofeë aan die topdeelnemers uitgedeel word. Almal kan kom! Dis ‘n lekker gesinsaand. Kaartjies is R50 vir volwassenes en R30 vir kinders en sal by die deure te koop wees. Daar sal ook eet- en drinkgoed vooraf te koop wees. Kom sluit die kwartaal op ‘n prettige noot...

Lees Verder

Musiekkonserte

Onthou die 2 musiekkonserte volgende Vrydag 13 Maart: Om 08:30 speel die Gr.2’s (en moontlik van die Gr.1’s). Om 10:30 speel die Gr.3’s. Alle belangstellendes is welkom om dit by te...

Lees Verder

Somersokkie, 6 Maart 2020

Die somersokkie is uiteindelik op ons! Ons sien uit na ‘n aand van heerlik dans en kuier saam met maats! Hier volg ‘n paar algemene reëlings om seker te maak dat die aand SEEPGLAD verloop. Strandreëls: 1. Ouers moet asb. die harde kopie uitnodigingskaartjie in hul motor hou as kinders afgelaai en opgelaai word. Dit help ons terreinpersoneel om kontrole te hou van wie in en uit die skool beweeg. 2. Ouers mag slegs gebruik maak van die hek in Nuwe Kerkstraat. Die ander hekke sal gesluit wees. 3. Hekke sal 19:00 toemaak en weer 21:10 oopgemaak word. 4. Na die aflaai van leerders, sal daar ‘n geleentheid vir ouers wees om foto’s te neem saam met leerders by die tennisbane. Geen ouer sal toegelaat word om voor of gedurende die sokkie in die saal te wees nie. 5. By aankoms ontvang leerders ‘n pynappelkoppie met ‘n gekleurde armbandjie. Hierdie armbandjie se kleur bepaal die tyd wat leerders hul pizza kan gaan haal en hul foto in die “photo booth” kan gaan neem. Leerders moet asb. nie die armbandjie verloor nie. Die verskillende tye sal in die saal aangekondig word. Die koppie moet ook mooi na gekyk word, sodat leerders heel aand water en ystee kan geniet. ‘n Spesiale dankie aan Stephanie le Roux, Emmy Scholtz en Riana Viljoen vir al hulle moeite en harde werk om hierdie jaar...

Lees Verder

Kaapse Afrikaanse Eisteddfod inskrywings sluit môre!

Die inskrywings vir die jaarlikse Afrikaanse Eisteddfod is al baie goed op dreef en die inskrywings sluit môre, 4 Maart, op die Karri-toep. Alle laat inskrywings moet direk aan die Kaapse Eisteddfod raad gerig word by kae@absamail.co.za. Daar is nog baie min besonderhede beskikbaar oor presies wanneer en waar die voordrag gaan plaasvind, maar sodra ons meer informasie ontvang, sal ons almal in kennis...

Lees Verder