Ons sluit week 8 van kwartaal 3 af met die begin van ‘n heerlike langnaweek as ‘n welkome meevallertjie. Die beste deel van die langnaweek is natuurlik dat Vrydag, 24 September, Erfenisdag is, ook bekend as Nasionale Braaidag. Ons vier jaarliks Erfenisdag waar Suid-Afrikaners as ‘n reënboognasie aangemoedig word om hul eie kultuur te gedenk. Erfenisdag gaan nie net oor eie kulture van afsonderlike groepe nie, maar eerder ook oor uitreiking oor die verskillende kultuurgrense heen. Dit sluit elemente van nasionale eenheid, nasiebou en belangrik, versoening in. Die doel is juis om ons jeug aan te moedig om ons gedeelde erfenis in ere te hou. Sedert 2008 word Nasionale Erfenisdag deur Jan Braai onder die vaandel van Braai vir Erfenis as nie-winsgewende inisiatief bemark. Ek glo dat meeste van julle ook op die spesiale dag ‘n groot vuur gaan aansteek en ‘n lekker stukkie vleis (skaapkotelette, beeshaas, sosaties, hoender, vis, braaiwors, ens.) oor die oop kole braai. Verlede Vrydag het die Gr.5-leerders vir Geskiedenis ‘n opwindende Egiptedag gehou. Hulle het geklee soos ware farao’s, mummies, Cleopatras, soldate, goeweneurs, slawe of adelikes skool toe gekom. Baie dankie aan juf. Mardry vir die wonderlike inisiatief asook die toekenning van pryse aan die leerders wat die beste geklee was. Ons leerders geniet die deel van die kurrikulum terdeë en kan nie uitgepraat raak oor die teorieë rakende die bou van die piramides...
Lees Verder