Skrywer: Suzaan Burger

Geagte Ouers / Voogde

Tyd gaan ongesiens vinnig verby. Ons het die einde van die 2de week van die 3de kwartaal asook die aanbreek van ‘n nuwe maand binne ‘n oogwink bereik. Ons beleef tans ongekende tye, maar terselfde tyd word veral ons sportliefhebbers lekker bederf met die 2020 Olimpiese Spele wat ons daaglik op die skerms vermaak. Die “gekweste” Springbokke het die afgelope naweek die Britse en Ierse Leeus teen die toue gehad en wen die tweede toets in ons agterplaas met 27 – 9, nadat hulle rustyd 9 – 6 agter was. Wonderlik om te weet dat hierdie geskiedkundige oorwinning tot nasiebou en nasietrots lei wat ons kwesbare land op die stadium so desperaat nodig het. Trots is ons beslis ook op ons Suid-Afrikaanse Olimpiese medalje-wenners , naamlik die swemsensasie Tatjana Schoenmaker wat goud en silwer gewen het asook Bianca Buitendag wat ‘n silwer medalje vir branderplankry verower het. Tatjana word die eerste Suid-Afrikaanse vrou in 25 jaar sedert Penny Heyns, wat weer goud in swem kon verower en dit met ‘n nuwe wêreldrekord vir die 200m borsslag vir vroue. Hul merkwaardige prestasies kon nie op ’n beter tyd kom nie, aangesien ons op Maandag, 9 Augustus 2021, Nasionale Vrouedag vier. Alhoewel die publieke vakansiedag ‘n lekker meevallertjie is met ‘n lekker langnaweek wat daarmee gepaard gaan, moet ons nie vergeet wat die spesiale dag se historiese konteks behels nie. Met...

Lees Verder

Karu Rademeyer neem deel aan ATKV-DigiSkryf

Karu Rademeyer het tydens die Junie-vakansie aan die ATKV se DigiSkryf-kompetisie deelgeneem. Karu het haar eie gedig, My Afrikaans, geskryf. Volgens haar pa, Pieter, het sy sommer lekker uitdrukkings en idiome uit haar redenaarstoespraak van vroeër die jaar gebruik. Karu spog met ‘n pragtige serfikaat. Ons is baie trots op haar! Lees gerus haar pragtige gedig: My Afrikaans Nuuskierige agie. Sak patats. Ontnugtering. Smulpaap. My Afrikaans is uniek en asemrowend. Ek hou daarvan om op die langpad na tannie Laurika Rauch te luister en ek en my boetie sing “Blou” kliphard saam. Afrikaanse musiek laat die ritme deur my DNA vloei. Bobotie op ’n koue Kaapse wintersaand saam met my familie is heerlik en om op ’n warm somerdag Kirstenbosch se velde te besoek en op daai lang Boomslangbrug te baljaar, laat my trotse Afrikaanse hart vinniger klop. In juffrou Meiring se Afrikaanse klas ontdek ek my Afrikaans in haar woordsoorttassie: van selfstandige naamwoorde tot telwoorde … en een, twee, drie leer ek elke dag iets waardevol wat my vir my toekoms voorberei. Ek wil nie beet tussen my beddings plant nie. Ek wil my kleurvolle Afrikaans elke dag prontuit praat. Karu Rademeyer Graad...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Ons glo dat almal ‘n heerlike wintervakansie geniet het en dat dit instrumenteel was om die spreekwoordelike batterye te herlaai sodat ons die nuwe kwartaal met geesdrif en ywer kan aanpak. Die opwinding was groot om al ons Jannies op Maandag, 26 Julie, terug by die skool te verwelkom. Vrolike kinderstemme het die aanbreek van die nuwe kwartaal luidkeels in die stadskom aangekondig met Seinheuwel wat ons van ouds dophou. Ek wens al ons Jannies, ouers/voogde en personeel ‘n wonderlike en voorspoedige kwartaal 3 toe. Die afgelope drie weke skoolvakansie het gepaard gegaan met ongekende gebeurtenisse soos: die skielike instelling van vlak 4-inperking wat verskeie besighede finaal lam gelê het; die vroeër sluiting van skole, asook die verlenging van die vakansie tydens die vakansie waaroor die meeste mense nie gekla het nie; politieke insidente soos onder andere die minagting van die hof wat skokkende plundery tot gevolg gehad het; onbeplande beurtkrag wat die reeds kwesbare ekonomie verder op sy knieë het; sinnelose taxi-geweld in die Wes-Kaap geweldige toename in Covid-19 verwante sterftes as gevolg van die Delta-variant. Die bogenoemde skets ‘n geweldige negatiewe prentjie, maar die veerkragtigheid en aanpasbaarheid van die Suid-Afrikaner om menigte krisisse te oorwin en veral die omgee en kreatiwiteit van ons skoolgemeenskap laat hom nie onderkry nie en skep ongelooflike hoop! Ons het weer eens nie toegelaat dat die Covid-19 pandemie ons vrese verteenwoordig nie,...

Lees Verder

Dra van Eeufeeshempies

Op Vrydag, 6 Aug., word daar van elke kind ‘n individuele foto geneem wat ons sal gebruik om in die Feesboek te plaas. Leerders moet Vrydag met hul feeshempies skool toe kom. Ons sal later meer inligting rakende die feesboek...

Lees Verder

WKOD-Kunskompetisie 2021

Die WKOD se jaarlikse kunskompetisie het, soos verlede jaar, aanlyn plaasgevind in samewerking met die Nelson Mandela Universiteit. Die nasionale kunskompetisie is gemik op Gr.7-12-leerders en ondersoek die raakpunte tussen Wiskunde en Kuns. Hierdie jaar se tema was “Beautiful Mathematics” en leerders is uitgedaag om oorspronklike kunswerke te maak wat Wiskunde op ‘n kreatiewe manier met die tema verbind. Die kunswerke en ‘n geskrewe stuk wat die volgende vrae beantwoord, moes ingehandig word: Watter vorm van Wiskunde het jy in jou kunswerk gebruik? Hoe het jy Wiskunde gebruik om by die tema van ‘Beautiful Mathematics” aan te sluit? Dink jy kreatiwiteit kan gebruik word om Wiskunde te leer en aan te bied? Ons deel met trots dat drie van ons leerders se werk gekies is vir die finale rondte van beoordeling! Hulle is Elle Nortje met haar werk “Natuurlike Perfeksie”, Lara Pieterse met “Ballet Time” en Mia Schreuder met “Math Cruise”. Die oorspronklike werke is hierdie week gekoerier na die NMU vir beoordeling. Ons is baie trots op...

Lees Verder

Pannekoekverkope

Die graad 7-groep doen ‘n beroep op alle leerders om hulle fondsinsamelingsprojek te ondersteun. Ons gaan elke Vrydag in tweede pouse pannekoeke verkoop. Bestellings kan op Karri geplaas word.

Lees Verder

Ouerbesoeke Kwartaal 3

Daar is weer hierdie kwartaal vir ouers ‘n geleentheid om onderwysers op 11 & 12 Augustus te kom sien. Die skool sal op hierdie dae om 12:45 vir Gr.1-3 en 13:00 vir Gr.4-7 sluit. Die bus sal om 13:05 vertrek. Neem kennis dat die leerders in die Grondslagfase se ouers nie die Google Form hoef in te vul nie en dat hulle Maandag, 2 Augustus, ‘n e-pos sal ontvang wat hul afsprake verduidelik. Kliek HIER om ‘n afspraak met ‘n onderwyser in die intersenfase te...

Lees Verder

Belangrike kennisgewing

Dit is vir ons heerlik om al ons kinders en personeel terug by die skool te ontvang. Ons verlang na ons ouers / voogde en hoop om binnekort meer samekomste te kan geniet. Ons kan ook rapporteer dat ons leerders goed op datum is met die kurrikulum en hulle akademies uitstekend vorder te midde van die Covid-pandemie-uitdagings. Dit is ongelukkig ook so dat ons uitstaande debiteure buitengewoon hoog is en dat daar te veel van ons ouers is wat vanjaar te stadig of glad nie skoolfonds betaal nie. Bykans 80% van ons personeel word deur die skool self betaal en nie deur die onderwysdepartement nie. Skoolfondsontvangste is die ruggraat van ons aanbieding en dienslewering. Daar is ‘n vrystelingsbeleid in plek vir ouers wat, binne voorgeskrewe maatreëls, nie die skoolfonds kan bekostig nie. Daar is dus geen verskoning vir ouers wat nie skoolfonds betaal nie. Weens die dringendheid van die saak sal ons nuut-gekoöpteerde tesourier, Marili Thomson, met alle agterstallige debiteure in verbinding tree. Ons vra julle samewerking in die verband sodat ons die skool in al ons leerders, personeel en ouers se belang ten beste kan bestuur en uitbou. Ons sê ook baie dankie vir ons vele ouers wat getrou hulle skoolfonds betaal. Vriendelike groete, Naas Beets Skoolhoof Merwe Scholtz BR-Voorsitter Marili Thomson...

Lees Verder

Kwartaal 3 en Reëlings

Ons hoop en vertrou dat almal ‘n heerlike wintervakansie geniet het en die spreekwoordelike batterye is herlaai sodat ons almal slaggereed is om die 3de kwartaal met ywer aan te pak. Hiermee dan reëlings vir jul kennisname rakende die heropening van skole: Heropening van Laerskool asook Huppelland: Geskied Maandag, 26 Julie, en normale skooltye is van toepassing. Voltooiing van eksamen: Die eksamenvak/leerarea wat vir Donderdag, 1 Julie, geskeduleer was, sal nou op Vrydag, 30 Julie, tydens die toetsperiode plaasvind. Gr. 4 – Geskiedenis Gr. 5 – Aardrykskunde Gr. 6 – Aardrykskunde Gr. 7 – SK: Kuns en Drama Isolasie en eksamen/assesserings: Leerders wat eksamens/assesserings as gevolg van siekte/isolasie gemis het, sal dit vanaf Woensdag, 28 Julie, tot Dinsdag, 4 Augustus, aflê. Kommunikasie rakende watter vakke/leerareas op watter dae geskied, sal binnekort volg. Rapporte: Ons poog om dit op Vrydag, 6 Augustus, aan leerders uit te deel. Ouerafsprake: Geskied op Woensdag en Donderdag, 11 – 12 Augustus vanaf 13:30 – 17:00. Uitnodigings en program volg. Sport- en kooroefeninge by die skool: Geen buitemuurse aktiwiteite tot verdere kennisgewing. Snoepie: Alle kosbestellings gaan voort deur middel van die Karri-toep. Nasorg: Heropen vanaf Maandag, 26 Julie, soos normaal. Bestuur/EXCO: Die bestuurspan het reeds vanaf 22 Julie begin werk om te verseker dat die skool skoon, gereed en netjies is om effektiewe onderrig en leer te verseker. Baie dankie vir jul dringende aandag. Ons...

Lees Verder

Nuwe regulasies vir skole tydens vlak 4 van die inperking

Die 3de vlaag van die Covid-19 pandemie het die afgelope tyd werklik sy kloue nie net diep in ons skoolgemeenskap geslaan nie, maar veral in Gauteng waar infeksiekoers die hoogte in geskiet het. Ek glo julle is almal ingelig dat as gevolg van die afkondiging van President Cyril Ramaphosa op Sondag, 27 Junie 2021 rakende die rampspoedige effek van die Covid-19 pandemie, sluit alle skole landwyd nege dae vroeër as wat oorspronklik aangedui is. Neem asseblief kennis van die volgende reëlings: Sluit en heropen van skole: Skool sluit Woensdag, 30 Junie, vir alle leerders na afloop van die eksamen en heropen op Maandag, 19 Julie. Grondslagfase (Gr.1 – 3) sluit om 10:00 en Intersenfase (Gr.4 – 7) om 10:15. Ongelukkig mag geen leerders, behalwe die nasorgleerders, op die perseel later as 10:30 wees nie. Skole sluit vir personeel op Vrydag, 02 Julie 2021. Eksamen: Gaan voort soos beplan tot Woensdag (30 Junie). Donderdag se vraestelle sal tydens die tweede Vrydag (30 Julie – toetsperiode) van die derde kwartaal geskied. Leerders wat moes isoleer en eksamen / assesserings gemis het, sal dit in die 2de week van kwartaal 3 kan aflê. Rooster sal volg. Rapporte en ouerbesoeke: Staan oor na kwartaal 3. Korrespondensie sal volg. Busvervoer: Bus vertrek Woensdag, 30 Junie, om 10:30. Sluit Huppelland-leerders in. Nasorg en vakansiesorg: Sluit ongelukkig ook op Woensdag, 30 Junie, om 17:15. Let wel...

Lees Verder

Verlore Goedere

Die nuwe biblioteekjuffrou, Annami Gerber, is die skakelpersoon vir verlore goedere. Indien ‘n item van jou kind verlore raak, is jy meer as welkom om haar te kontak by biblioteek@jvrprim.co.za. Hiermee wil ons ‘n versoek aan ouers rig om asseblief jou kind(ers) se klere/items duidelik met hul naam en van te merk. Alle verlore goedere wat gemerk is, kan dadelik aan sy/haar eienaar terugbesorg word. Baie dankie vir jou...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Kan julle glo Junie-maand se raklewe is amper verstreke; die helfte van die jaar het verby gesnel! Die afgelope week het die res van die grade ook met eksamen / assesserings begin en sover verloop alles klopdisselboom. Ons skoolgemeenskap se grootste uitdaging tans is die vinnige verspreiding van Covid-19 infeksies onder ons ouers en leerders. Ons het die afgelope tyd heelwat navrae ontvang rakende die protokol vir isolasie na Covid-19 blootstelling. Daarom het ek met die hulp van dr. Barbara Kemp op Woensdag, 23 Junie 2021, vir julle ‘n brief gestuur waarin ons almal vriendelik versoek om die voorgestelde isolasie-riglyne te volg sodat ons kan verseker dat ons leerders skool toe kan kom. Ek wil beslis nie voorskriftelik wees rakende jul sosiale lewe nie, maar laat my ook toe om julle te versoek om dit ernstig te oorweeg om liewer kinderpartytjies / verjaarsdagpartytjies / as gesinne saam te kuier moontlik uit te stel totdat die 3de vlaag van die pandemie onder beheer is. Baie dankie dat julle verstaan en die veiligheid van ons skoolgemeenskap eerste stel! Verder heers daar tans groot opwinding onder die personeel aangesien die WKOD se Covid-19 inentingsprogram gister afgeskop het en ses van ons personeellede gister suksesvol ingeënt is. Soos ek in my vorige nuusbrief genoem het, is daar lig aan die einde van die pandemie-tonnel m.a.w. daar is hoop! Op Woensdagmiddag, 23 Junie, was...

Lees Verder

Covid-boodskap

Ons kry daagliks oproepe van ouers/voogde rakende die riglyne vir isolasie na Covid-blootstelling. Sommige ouers/voogde mag dalk nie seker wees van die isolasie-riglyne nie en verhoog moontlik die risiko vir infeksie vir almal. Mense probeer kortpaaie vat om die isolasie tydperk vry te spring. Baie dankie aan dr. Barbara Kemp wat vir ons die volgende riglyne voorgestel het: 1. As jy blootstelling gehad het aan ‘n persoon wat positief vir Covid-19 getoets het, MOET jy vir 10 dae isoleer. 2. As jy in isolasie is, toets jy NET as jy simptome vir Covid-19 ontwikkel. 3. ‘n Negatiewe Covid-19 toets, terwyl jy moet isoleer, beteken NIE dat jy nie verder hoef te isoleer nie. Dit is dus onnodig om te toets as jy nie simptome het nie. Jy MOET steeds vir 10 dae isoleer. Covid-19 is besig om so vinnig te versprei, want meeste dink dat ‘n negatiewe toets na blootstelling vir hulle vryskelding gee van isolasie. Baie dankie vir julle samewerking in die verband. Groete Naas Beets...

Lees Verder

Impak van 3de vlaag

Die 3de vlaag van die Covid-19 pandemie het die afgelope tyd werklik sy kloue diep in ons skoolgemeenskap geslaan. Dit opsig self bring verskeie operasionele uitdagings vir die skool met die eksamen / assesserings wat op hande is. Verskeie van ons gesinne is baie erg deur die pandemie geraak en verkeer tans in isolasie. Dus in ons poging om die impak van die 3de vlaag te probeer verminder asook om die veiligheid van ons skoolgemeenskap te prioritiseer, geld die volgende interimreëlings onmiddellik vir die volgende 2 weke (22 Junie – 2 Julie): Skool sluit daagliks vroeër: Indien dit vir ouers/voogde moontlik is, kan hulle hul kinders daagliks om 10:00 (Grondslagfase) en 10:15 (Intersenfase) direk na die eksamen / assessering by die skool kom afhaal. Daar sal egter toesig vir leerders wees wie se ouers / voogde hulle eers om 13:00 kan kom afhaal. Grondslagfase het hul program aangepas om die dae tussen formele assesseringsvraestelle te gebruik vir die individuele assessering. Busvervoer: Vertrek 12:30 vanaf skool. Isolasie en eksamen / assesserings: Die klasonderwysers sal met ouers / voogde kommunikeer in verband met leerders wat moet isoleer en nie die eksamen / assesserings fisies kan skryf nie. Leerders wat dan ongelukkig moet isoleer, sal of die laaste week van die kwartaal of die 2de week in kwartaal 3 die geleentheid kry om eksamen / assesserings af te lê. Klasonderwysers sal individuele...

Lees Verder