Liewe Ouer(s)/Voog(de),

Die WOW-spelkompetisie het ongelukkig hierdie jaar weer in die slag gebly as gevolg van die Covid-19 pandemie. Die goeie nuus is dat ons ‘n interne spelkompetisie gaan hou!

Dit is ‘n gulde geleentheid om Afrikaanse spelling en woordeskat te verbeter. Dit gaan egter veel anders werk as die jaarlikse WOW-spelkompetisie, so let asseblief noukeurig op die prosedure:

Inskrywings:

  • Enige graad 4-7-leerders kan self inskryf. Daar sal geen uitdunrondte wees nie. Gebruik die Google Form om jou kind/ers in te skryf.
  • Graad 1-3-leerders sal speltoetse in hul afsonderlike klasse skryf, wat as die uitdunrondte sal tel. Klasopvoeders sal dan bepaal watter leerders kan inskryf.
  • Sluitingsdatum vir inskrywings: 1 Oktober 2021

Woordlyste

  • Leerders hoef slegs die eerste helfte van die woorde vir hul graad te leer. As daar bv. 300 woorde is, hoef leerders slegs 1-150 te leer.
  • Kliek HIER vir die skakel na die woorde.
  • Daar is ‘n inskrywingslimiet van 30 leerders per graad.

Kompetisie

  • Kompetisiedatum: 27 Oktober 2021
  • Kleredrag: Skooluniform
  • Ongelukkig mag ons geen ouers by die kompetisie toelaat nie.
  • Daar sal slegs een kompetisie-geleentheid wees waar ons die wenner per graad sal bepaal. Leerders sal gevra word om ‘n woord uit hul lys te klank/spel.
  • Gr.1-2: klank foneties
  • Gr.3-7: klank alfabeties
  • Leerders moet die woord herhaal, dan klank en daarna weer die woord herhaal om aan te dui dat hul klaar is. Hulle mag van vooraf begin indien hul onseker is – hulle moet net eers “stop” sê.

Jy as ouer kan help deur gereeld woorde te vra – skriftelik en mondelings. Kontak Annami gerus met enige navrae by biblioteek@jvrprim.co.za.