Op kort kennisgewing het ons besluit om ‘n foto vir ons Feesboek te neem met leerders, ouers en onderwysers wat tans by LS JvR en Huppelland betrokke is wie se kinders, ouers en/of grootouers ‘n familieverbintenis met hierdie mooi skool het – iets wat ons voorwaar op ‘n foto moet vasvang. Ons moet darem die mooi van generasies by LS JvR op hierdie manier vier! Ons neem die foto op Donderdagoggend, 23 September 2021, om 07:30 agter op die skool se veld. Versprei gerus die woord!