Skrywer: Suzaan Burger

Vakante pos op die Beheerraad

Daar is ‘n vakante posisie (Tesourier) op die beheerraad wat gevul moet word. Graag versoek ons dat ouers/voogde met ‘n finansiële kwalifikasie/agtergrond wat bereid is om dié rol te vul om ons BR Voorsitter, Merwe Scholtz, by mscholtz@genfin.co.za te kontak. Ons rig veral ‘n versoek op ouers/voogde met kinders in die jonger grade (Graad R en 1 tot 3) om hierdie posisie te oorweeg. Ons kort ‘n bietjie jong bloed! Baie dankie vir julle aandag. Groetnis Merwe...

Lees Verder

Rympie-kompetisie

As jou kind ‘n gawe het om met woorde te toor, gun hom/haar ‘n kans om aan ‘n lekker rympie-kompetisie deel te neem! Daar is wonderlike pryse om te wen. Die top 20 rympies gaan op Afrikaans.com, klaskamerraad en Curious Readers se sosialebladsye gepubliseer word. Rympie temas: Wiskunderympies✖️➗➕➖ Klanke en letters ???? Diererympies???????????? Kom ons kyk hoe kreatief die Jannies met woorde kan raak! Kliek HIER om jou kind in te skryf en om meer inligting te verkry. Inskrywings sluit 13...

Lees Verder

Waarde van die kwartaal: Eerlikheid

Hierdie kwartaal plaas ons die waarde Eerlikheid onder die vergrootglas.  Simboliek:   kleur is geel en dier is die by. Ons streef daarna om in ons daaglikse handel en wandel eerlik op te tree. Wees eerlik met ander en ook met jouself! BEE...

Lees Verder

Graad 5 Lead4Life Leierskapsontwikkeling

Die graad 5-leerders gaan ‘n leierskapkursus bywoon wat deur Lead4Life aangebied word. Hier volg al die belangrike inligting: Datum: Vrydag, 22 Julie (dit is verpligtend) Plek: Conradieveld Tyd: 08:00 – 13:30 (leerders word by die Conradieveld af- en opgelaai) Daar sal toesig by die Conradieveld vanaf 07h30 die oggend wees. Vervoer: Daar sal die oggend vervoer na die Conradieveld wees vir die busleerders en leerders wat nie by die Conradieveld afgelaai kan word nie. Daar sal weer die middag vervoer na die skool slegs vir die Steyntjie-busleerders en nasorgleerders wees. Stuur ‘n e-pos (voor Vrydag) aan jou kind se registeronderwyser indien jou kind van hierdie busgeleenthede gebruik gaan maak. Kleredrag: JvR-sportklere/feeshempie en tekkies/plakkies Saambring: Hoed (verpligtend), waterbottel, sonskerm, kospakkie (LW geen snoepie nie.) Die vrywaringsvorm moet voor of op Donderdag, 21 Julie, aanlyn voltooi word. SKAKEL NA DIE...

Lees Verder

Mandeladag 2022

Mandela projek Baie dankie vir die ongelooflike bydrae tot die projek tot dusver. Ons gaan die eerste week van die derde kwartaal gebruik om die projek af te sluit. Ons benodig nog die volgende produkte: Rys Samp Bruin Lensies Sugar Beans Soja Mince Olie Julle is welkom om enige van die produkte saam skool toe te stuur. Baie...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Kwartaal 2 kom vandag na 12 weke tot ‘n einde en ek glo dat ons hele skoolgemeenskap baie uitsien na ‘n welverdiende wintervakansie, veral na ‘n baie besige kwartaal vol pretaktiwiteite. Ek het so ‘n vinnig refleksie van die kwartaal gedoen en met dankbaarheid kyk ek terug na al die aktiwiteite wat die skool die kwartaal suksesvol aangebied het. Dit sluit onder andere die Kleiduifkompetisie, die Kaperjolle, die Veilingsdinee, musiekkonserte, redenaars en Wiskundekompetisies, verskeie Eisteddfod-geleenthede, kooroptredes, markdae, gr. 6-kamp, gr. 7-Oranjerivier-ekskursie, sosiale media praatjie met leerders en ouers, Dapper Stappers, Jannies vir Jesus, UNISA-musiekeksamens, graaduitstappies, assesseringsweke, eksamen, sportdae, toernooie en wedstryde in. Ons spreekwoordelike beker loop oor van sukses, nie op grond van arrogansie nie, maar suiwer op dankbaarheid. Verblywend is ook die besluit van die regering om die gesigmaskermandaat asook ander Covid-maatreëls uiteindelik op te hef. Dit word so stil-stil gedoen, maar ek glo dit is amper ‘n geleentheid om “maskervryheid” te vier, veral vir ons leerders. Groot was die opgewondenheid Donderdagoggend voor skool toe die leerders by my wou weet of dit waar is dat die dra van gesigmaskers van die baan is. Dit is dan my voorreg om Owen Wiese en Liza Hitge onderskeidelik as die Hoofseun en -dogter van 2022 geluk te wens. Hulle is vandag tydens die saalperiode aangekondig. Ons beste wense vergesel hulle met die belangrike leierskaprol wat hulle saam met die leerderraad...

Lees Verder

11 Leerders deur na semi-finale rondte van Nasionale Kunskompetisie

Die WKOD se jaarlikse kunskompetisie het hierdie jaar aanlyn in samewerking met die Nelson Mandela Universiteit plaasgevind. Die nasionale kunskompetisie is gemik op graad 7-12 leerders en ondersoek die raakpunte tussen Wiskunde en Kuns. 2022 se tema was “Mathematics: language of the Sciences” Leerders is uitgedaag om ‘n oorspronklike kunswerk te maak wat Wiskunde op ‘n kreatiewe manier met die tema verbind. Die kunswerk moes vergesel wees deur antwoorde op drie vrae: 1. Watter vorm van Wiskunde het jy in jou kunswerk gebruik? 2. Hoe het jy Wiskunde gebruik om by die tema “ Mathematics: language of the Sciences” aan te sluit? 3. Het jy iets nuut geleer tydens jou deelname aan hierdie kompetisie? Baie geluk aan die volgende leerders: Lara Basson Mia Cruywagen Helene Greeff Liza Hitge Adele Holtzhausen Mïlla Joubert Luja Marx Kate Mouton Cara Swanepoel Nell von Lieres Lara Warren Die oorspronklike werke is hierdie week na die NMU in Gqeberha gestuur vir die semi-finale rondte van beoordeling. Ons leerders se entoesiasme en toewyding aan die projek het gelei tot hierdie groot prestasie. Ons hou duim vas vir die volgende...

Lees Verder

Bring-en-Raai: 19 Augustus

Dit is weer tyd vir ons jaarlikse Bring-en-Raai kompetisie wat op 19 Augustus om 18:00 in die skoolsaal plaasvind. Skryf ‘n span van 8 lede in en kom neem deel aan die heerlike sosiale geleentheid. Die koste beloop R1600 per tafel en elke span is verantwoordelik vir hul eie drankies en spyseniering, net soos ‘n bring en braai! Daar is plek vir 26 spanne. Ons verskaf die tafel en bankies en jy die res! Wynglase kan per tafel bespreek word teen ‘n kontant deposito, betaalbaar op die aand. Vul asseblief so gou as moontlik jou naam as gasheer of gasvrou op hierdie SKAKEL Kom speel saam! Dit is een van die hoogtepunte op ons sosiale kalender. Kontak gerus vir Karien Zulch indien jy enige vrae het by 083 445 0980 of...

Lees Verder

Barbara Schreuder Dansskool Mei 2022

Baie geluk aan al ons dansers wat aan die Cape Town Eisteddfod 2022 deelgeneem het. Die dansers het hard gewerk en dansklasse is ingepas tussen vakansiedae, sport, studies en ander private en buitemuurse bedrywighede en beskikbaarheid van sale… , maar ons het deurgedruk. Ons skryf deels in vir die uitdaging, pret, om nuwe werk aan te leer en om danskennis te verbreed. Die voorgeskrewe danse is tegnies en verg ure se opleiding en oefen, maar dit was alles die moeite werd! Ons is trots op al ons dansers! Uitslae: 4 MERITS 60…69% 20 HONOURS 70…84% 3 DIPLOMA 85…100% 3 FINALISTE Christa -Bella Swart Gr.1 Gabriella Buckenham Gr.4 Michaan Naylor Gr.5 Welgedaan almal en dankie aan ons ouers wat ons so pragtig ondersteun en dansers getrou na oefentye kon bring. Hou die Kiek dop vir nog...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Die assesseringsreeks vir Grondslagfase en kontroletoetse (eksamen vir gr. 4 – 7) kom dan vandag tot ‘n einde en ek is nie seker wie te meeste verlig is nie, die leerders of ons ouers? Moeder Natuur het ons week verder opgekikker met heerlike reën wat salig oor die stad en omliggende areas uitsak. Hierdie is ‘n baie kort week met ‘n heerlike meevallertjie van ‘n langnaweek voor die wintervakansie volgende week op Vrydag, 24 Junie, aanbreek. Donderdag, 16 Junie, is ‘n belangrike publieke vakansiedag in die Suid-Afrikaanse konteks. Laat ons dus nie vergeet van die sowat 600 jongmense wat op 16 Junie 1976 hul lewens in Soweto opgeoffer het nie. Sowat 200 000 leerders het op dié dag teen die inwerkingstelling van Afrikaans en Engels as die enigste onderrigtaal betoog. Hierdie dag is meer as net ‘n historiese konteks; die dag het ook stem gegee aan ons jongmense oor kontemporêre probleme in ons land, want hulle is die toekomstige leiers. Ons jongmense en kinders word vandag in abnormale omstandighede groot met geweldige groot uitdagings. Ons geslag het dalk nie nou die oplossings nie, maar die jongmense van vandag met hul veerkratigheid en kreatiwiteit sal beslis die bul by die horings pak. Ons moet egter net tyd maak om na hulle te luister en nie hul oplossings eenvoudig net af te skiet nie. Sondag, 19 Junie, is dit dan ook...

Lees Verder

Eisteddfod: Sang

Verlede Saterdag se Sang Eisteddfod was baie suksesvol. Daar was ‘n totaal van 22 Hoogste Lof toekennings! Dan was daar 28 Lof toekennings en 2 Eervolle Vermeldings. Ons is trots op al ons leerders wat so mooi gesing...

Lees Verder

Eisteddfod: Spraak

Baie dankie aan al die leerders wat deelgeneem het. Ons het ‘n rekord getal inskrywings van meer as 120 leerders hierdie jaar gehad. Almal het uitstekend gevaar en ons is baie trots op al die Eisteddfod-deelnemers!

Lees Verder

Ouerbesoeke: Kwartaal 3

Aangesien ouerbesoeke eers tydens die 3de week van kwartaal 3 plaasvind, sal die afsprake eers vanaf die eerste week in kwartaal 3 gemaak kan word.  Hou gerus die nuusbrief en/of webtuiste in hierdie verband dop.

Lees Verder

Verlore Goedere uitstalling

Alle verlore goedere van die 2de kwartaal sal Dinsdag, 21 Junie, op die veld by die skool uitgestal word. Elke klas sal gedurende skooltyd ‘n geleentheid kry om na die verlore goedere te kom kyk. Ouers is welkom om van 12:30 – 15:00 verlore goedere te kom haal. Alle goedere wat nie opgeeïs word nie, sal geskenk...

Lees Verder

Skooltye: Laaste week van kwartaal 2 (20-24 Junie)

Maandag, 20 Junie, tot Woensdag, 22 Junie: Klasruilings vind plaas Leerders dra skoolklere Graad 1 – 3 verdaag 13:00 Graad 4 – 7 verdaag 13:15 Bus vertrek om 13:20 Geen sport nie Donderdag, 23 Junie: Klasruilings vind plaas tot voor Markdag begin Markdag 11:30 – 12:30 Graad 1 – 3 verdaag 13:00 Graad 4 – 7 verdaag 13:15 Bus vertrek om 13:20 Leerders dra sivvies Vrydag, 24 Junie: Graad 1 – 3 verdaag 10:30 Graad 4 – 7 verdaag 10:45 Bus vertrek om 10:50 Leerders dra...

Lees Verder

Markdag, 23 Junie 2022

Markdagverkope sal om 11:30 begin. Leerders sal direk na eerste pouse (10:30) kans kry om hul goed uit te pak en voor te berei.  Tafels kan vanaf Maandagoggend, 20 Junie, om 08:00 op Karri teen R15 bespreek word (geen kontantbesprekings). Besprekings sluit Woensdag, 22 Junie, om 14:00. Geen lewende hawe of klappers mag verkoop word...

Lees Verder