Die graad 5-leerders gaan ‘n leierskapkursus bywoon wat deur Lead4Life aangebied word. Hier volg al die belangrike inligting:

Datum: Vrydag, 22 Julie (dit is verpligtend)

Plek: Conradieveld

Tyd: 08:00 – 13:30 (leerders word by die Conradieveld af- en opgelaai)

Daar sal toesig by die Conradieveld vanaf 07h30 die oggend wees.

Vervoer: Daar sal die oggend vervoer na die Conradieveld wees vir die busleerders en leerders wat nie by die Conradieveld afgelaai kan word nie. Daar sal weer die middag vervoer na die skool slegs vir die Steyntjie-busleerders en nasorgleerders wees. Stuur ‘n e-pos (voor Vrydag) aan jou kind se registeronderwyser indien jou kind van hierdie busgeleenthede gebruik gaan maak.

Kleredrag: JvR-sportklere/feeshempie en tekkies/plakkies

Saambring: Hoed (verpligtend), waterbottel, sonskerm, kospakkie (LW geen snoepie nie.)

Die vrywaringsvorm moet voor of op Donderdag, 21 Julie, aanlyn voltooi word.

SKAKEL NA DIE VRYWARINGSVORM