Skrywer: Suzaan Burger

Landloopoefeninge en -wedlope

Landloopoefening is op Dinsdae van 14:30 – 15:30 op die Conradieveld. Indien jou kind saam gaan oefen en/of aan wedlope wil deelneem, maak asb. seker dat julle aan die Landloop kontakgroep behoort deur op die pyltjie langsaan jou Messages in Skooler te kliek. Ek het al die leerders wat verlede jaar aangedui het dat hulle die kommunikasie wil ontvang en almal wat my laat weet het op die groep bygevoeg. Indien jy nie op die groep is nie, laat weet my gerus deur op die Algemeen kontakgroep op Skooler of per e-pos my in kennis te stel: suzaan@jvrprim.co.za Wedlope vind op Vrydae plaas en begin die 5de Mei. Leerders wat wil probeer kwalifiseer, moet aan al 7 wedlope deelneem. Wedlope vind op die volgende datums plaas: 5 Mei – Kliek HIER vir meer inligting 12 Mei 19 Mei 26 Mei 9 Junie 21 Julie 28...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Hiermee ‘n hartlike welkom terug by die skool en ek glo almal is lekker uitgerus en slaggereed om die nuwe kwartaal aan te durf. Ek glo dat almal die ruskansie ten volle geniet het en ‘n geseënde tyd saam met familie en vriende, veral oor Paasnaweek, spandeer het. Ek is so dankbaar dat almal veilig terug is na die vakansie, veral wanneer die paaie buitengewoon besig oor die Paasnaweek was. Die skool het skaars begin en sommer op dag een van die nuwe kwartaal skop ons af met opleiding van al ons onderwysers oor interaktiewe leer. Ons is baie opgewonde dat ons gr. 5-leerders vanaf kwartaal 2 amptelik begin met die beplande IKT-projek. Dit behels natuurlik dat elke graad 5-leerder ‘n skootrekenaar ontvang sodat ons tegnologie op ‘n daaglikse basis in hul leer en onderrig kan inkorporeer. Hierdie skootrekenaars gaan nie huis toe geneem word nie en 30% van hul onderrigtyd gaan daagliks d.m.v. die skootrekenaars (tegnologie) geskied. Dit beteken ook die rol van ons onderwysers verander na die van fasiliteerders en leerders raak meer aktief betrokke by hul eie leer. Navorsing het bewys dat die doeltreffende gebruik van tegnologie ‘n belangrike hulpmiddel in die klas kan wees veral vir leerders met leerhindernisse. Ons weet dat leerders op verskillende wyse leer en tegnologie maak dit soveel makliker om leerders met visuele, ouditiewe en kinetiese leerstyle te akkommodeer. Die gebruik...

Lees Verder

Veiling: 27 Mei 2023

Indien jy ‘n plek by ‘n tafel wil bespreek, EFT gerus die kaartjiekoste (R1800 per persoon) – sien die bankbesonderhede hier onder – en laat weet asb. vir Martie Viljoen (martie@avconeng.com) aan watter tafel jy wil sit. Investec Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedings Trust Rek no.: 10011436695 Tak: 580105 Verwysing: Veiling, voorletter en van...

Lees Verder

Nuwe Waardesembleem

Die tyd het aangebreek om die waardesembleem aan te pas nadat LS JvR gedurende 2016 ‘n waardegedrewe skool geword het. Ons wou al vier die waardes met kindervriendelike simbole uitbeeld terwyl ons die skool se unieke, warm kultuur vasvang. Huppelland se handelsmerk is gedurende 2022 vernuwe deur ‘n vars en moderne embleem te skep. Ons wou graag by Huppelland se nuwe identiteit aanpas aangesien ons almal deel van Laerskool Jan van Riebeeck is. Die dame wat verantwoordelik is vir die ontwikkeling van die embleme is Annemarie Kemp. Sy is ‘n graad 00 en 1-ouer van Huppelland en die Laerskool. Annemarie het dadelik ingestem om hande te vat om ons waardes nuwe lewe te gee. Haar proses was presies en met tyd is ‘n fantastiese eindproduk saamgestel wat al die veranderinge van ons skool saamvat. Ons is trots om te weet dat Annemarie ook SARIE se koekblik ontwerp het met Heleen Meyer (oud-ouer en voedselkonsultant) wat die koekieresep ontwikkel het. Ons is so trots op hierdie mamma en dankbaar dat sy tyd ingeruim het om ons te...

Lees Verder

Presidential Youth Employment Initiative (PYEI) Assistente

Hiermee wil ons graag formeel ons skool se PYEI Assistente bekendstel: Lesley-Ann Pieters en Jody Louw Hierdie is die 4de keer wat Laerskool Jan van Riebeeck deel is van die PYEI projek waarby jeug in die omliggende gebied ‘n geleentheid kry om by ‘n skool werkservaring op te doen. Lesley-Ann en Jody het op 1 Februarie by ons skool aangesluit en sal tot aan die einde van die 3de kwartaal (30 September) by ons werksaam wees. Hulle het al verskeie opleidingskursusse gedoen om hulle in staat te stel om die beste van die geleentheid te maak en sal deurlopend meer kurrikulum gefokusde opleiding ontvang. Hulle help tans in graad 3 uit, maar sal later ‘n geleentheid kry om by ander grade ervaring op te...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Die einde van kwartaal 1 het vinnig sy verskyning gemaak met 11 besige weke agter die rug. As skoolgemeenskap kan ons trots terugkyk op al die opwindende gebeure wat by die skool plaasgevind het. Uitnemendheid in alles wat ons doen, staan uit soos ‘n paal bo water en daarvoor is ek uiters trots en dankbaar. Hartlike dank spesiaal aan ons ouers en voogde wat ons so lojaal die afgelope kwartaal ondersteun het. Julle aktiewe betrokkenheid by die skool is instrumenteel in ons skool se algehele sukses. Vandag ontvang elke leerder ook hul skoolrapport wat erkenning gee vir hul harde werk en toewyding die afgelope kwartaal. Dit was ‘n groot voorreg om elke rapport te kon teken met ‘n kort persoonlike boodskappie vir elke leerder. Graag wil ek vir al ons leerders en onderwysers spesiaal gelukwens en hartlik bedank vir die kollektiewe poging tot die suksesvolle akademiese-, kulturele- en sportprestasies van kwartaal 1. Laat my toe om mnr. Leon Hanekom uit te sonder deur hom hartlik te bedank wat bowenal al sy ander take ook die sport in die afwesigheid van ‘n sportorganiseerder uiters suksesvol die afgelope kwartaal bestuur het. Mnr. Leon, ons is jou baie dankbaar vir al die harde werk en entoesiasme om seker te maak dat elke Jannie ‘n geleentheid kry om sy/haar sport te kon beoefen. Ons sien natuurlik uit na die koms van mnr. Rashard...

Lees Verder

HS JvR-nuus: Oud-Jannie netbalspelers presteer by Nasionale aksienetbaltoernooi

Verskeie Jan van Riebeeck-leerders het die afgelope week die West Coastal aksienetbalspanne by die Nasionale Toernooi in Gauteng verteenwoordig. Die spanne vaar tot dusver baie goed. Van ons spelers wat 4 jaar gelede in Laerskool Jan van Riebeeck saam in ‘n netbalspan gespeel het, speel nou weer tydens hierdie toernooi in ‘n span saam. Mia Symingron (HS JvR), Carla Snijders (HS JvR), Lameez Booysen (HS JvR), Katja de Villiers (Rustenburg) en Héloïse Strauss (St Cyps) is weer almal saam in ‘n span. Voorwaar ‘n spesiale oomblik vir hulle.   Baie geluk aan al ons leerders wat by hierdie toernooi...

Lees Verder

Bulfees-uitslae

Ons o.12 en o.13-netblaspanne en 0.13-rugbyspan het verlede naweek aan die Bulfees in Porterville deelgeneem. Dit is ‘n heerlike toernooi waar spanne die geleentheid kry om voor die winterseisoen teen goeie kompetisie te speel. Die netbaluitslae: Wedstrydtellings van Vrydag, 24 Maart 0.12 A Wen 12-6 teen Olifantsvallei Wen 18-1 teen Porterville Speler van die dag – Hila Hertzog 0.13 A Verloor 12-14 teen Olifantsvallei Wen 22-0 teen Pomario Speler van die dag – Liza Hertzog Die rugbyuitslae: Wen 19 – 7 teen Olifantsvallei Verloor 43 -7 teen Fanie Theron Speel gelykop teen Calvinia Verloor 48 – 7 teen Porterville Ons wens vir al ons spanne alle sterkte toe vir die winterseisoen wat...

Lees Verder

Ouerbesoeke: 17 en 18 April 2023

Ouerbesoeke: Op 17 en 18 April vind daar ouerbesoeke plaas. 15 Minuut-afsprake sal met onderwysers gemaak kan word om oor jou kind(ers) se akademiese vordering of emosionele welstand te gesels. Volg hierdie stappe om ‘n afspraak te maak: Volg die skakel vir die Besprekingsbladsy. Kies die graad waarin jou kind is. Onder “Select Staff”, kies die onderwyser met wie jy ‘n afspraak wil maak. Op die kalender, gaan na April en kliek op 17 / 18 April. Kies die tydgleuf wat jou sal pas. Indien daar geen tydgleuwe meer beskikbaar is nie, stuur gerus ‘n boodskap op Skooler of per e-pos aan die betrokke onderwyser om ‘n alternatiewe tyd te reël. Rol af op die bladsy en vul jou naam, e-posadres, kind se naam en enige addisionele kommentaar in. Jy sal ‘n bevestiging van jou afspraak per e-pos ontvang. Indien jy die afspraak wil skuif of kanselleer, volg die stappe in die e-pos. Jy kan tot en met 24 uur voor ‘n afspraak nog bespreek, verander of kanselleer. Om te sien watter onderwyser bied watter vak aan, sien gerus die personeelblad op die webtuiste. Die skool verdaag op 17 en 18 April vroeër: 12:45 (gr. 1-3) en 13:00 (gr. 4-7) Die bus sal om 13:10...

Lees Verder

Kaperjolle 2023 Kaartjieverkope

Saterdag, 22 April 2023, hou ons weer Kaperjolle. Dit beloof om ‘n dag vol pret vir almal te wees! Ten einde reëlings te vergemaklik en getalle so spoedig as moontlik te bevestig, koop asseblief jou kaartjies op Karri....

Lees Verder

Akademiese vernuwing by LS JvR

Met sterre in die oë en hoop in ons harte is ons besig om akademie by ons lieflike skool stadig maar seker te vernuwe om leerders stelselmatig vir die nuwe manier van onderrig voor te berei. Ons het verlede jaar besluit om die biblioteek- asook die kodering & robotika kurrikulum aan te pas en woema daarin te blaas. Dankie aan Marlize en Suné wat daagliks hul bes probeer om alle leerders (gr. R-7) tydens hierdie onderskeie vakke te onderrig. Ons sien werklik daarna uit om te sien hoe die vakke ‘lewe’ kry. Media en Geletterdheidsentrum (vorige biblioteek) – Marlize ter Borg Ons is ongelooflik opgewonde om die ‘nuwe’ media en geletterdheidsentrum se ontwikkeling en potensiaal dop te hou en sien uit na wat vir hierdie vakgebied voorlê. Wat voorheen as tradisionele biblioteek gedien het, is nou omskep in ‘n moderne ruimte waar leerders steeds hul liefde vir lees, taal en stories kan uitleef, maar ook rekenaar- en ander tegnologiese vaardighede kan aanleer. In samewerking met die Robotika en Koderingklas, hoop ons om kreatiwiteit, innoverende denke en ‘n liefde vir tegnologie by leerders te kweek. Hierdie klas verskil egter van dié van Robotika en Kodering, aangesien ons op meer algemene rekenaarvaardighede en programme soos Microsoft Word, Excel, Canva, ensomeer fokus. Verder raak ons ook aan onderwerpe soos digitale burgerskap en bypassende temas soos aanlyn veiligheid, kuberboelies en jou digitale voetspoor....

Lees Verder

Skryfbehoefte insameling vir behoeftige skole

Baie dankie aan alle ouers en leerders wat skryfbehoeftes of geld vir hierdie kwartaal se Welwillendheidsprojek geskenk het! Ons is opgewonde om Ellerton en Prestwich Primêre skole met hierdie skenkings te seën. Om ons waardering te wys, mag alle leerders wat skryfbehoeftes of geld geskenk het op Vrydag, 14 April, gewone klere dra. Vir volgende kwartaal se projek samel ons koffie- of mayonnaise-glasflesse in. Enige skoon, leë flesse kan al vanaf die eerste week in volgende kwartaal skool toe gestuur word. Met groot waardering, Die...

Lees Verder

Oud-Jannie presteer

Baie geluk aan Sophia Liebenberg wat vir die 0.15A Top Skole Netbalspan gekies is wat Desember in Malta gaan toer. Ons is ongelooflik trots op hierdie prestasie van Sophia! Ons wens haar alle sterkte en voorspoed toe. Baie geluk,...

Lees Verder

Fotobestellings

Leerders kan van hierdie week af foto’s bestel. Elke leerder wat op die onderskeie fotodae teenwoordig was, het ‘n koevert vir die verskeie bestellings ontvang. Laaste dag vir bestellings: Vrydag, 21 April 2023 Vul asb. die koevertjie waarop bestel moet word, volledig in. Klasfoto’s en individuele foto’s word by die klasonderwyser bestel en betaal. Julle is ook welkom om aanlyn op Lunchbox Photography se webtuiste te bestel. Wagwoord vir aanlyn bestellings:...

Lees Verder