Verskeie Jan van Riebeeck-leerders het die afgelope week die West Coastal aksienetbalspanne by die Nasionale Toernooi in Gauteng verteenwoordig. Die spanne vaar tot dusver baie goed.

Van ons spelers wat 4 jaar gelede in Laerskool Jan van Riebeeck saam in ‘n netbalspan gespeel het, speel nou weer tydens hierdie toernooi in ‘n span saam.

Mia Symingron (HS JvR), Carla Snijders (HS JvR), Lameez Booysen (HS JvR), Katja de Villiers (Rustenburg) en Héloïse Strauss (St Cyps) is weer almal saam in ‘n span. Voorwaar ‘n spesiale oomblik vir hulle.
 
Baie geluk aan al ons leerders wat by hierdie toernooi deelneem!