Landloopoefening is op Dinsdae van 14:30 – 15:30 op die Conradieveld. Indien jou kind saam gaan oefen en/of aan wedlope wil deelneem, maak asb. seker dat julle aan die Landloop kontakgroep behoort deur op die pyltjie langsaan jou Messages in Skooler te kliek. Ek het al die leerders wat verlede jaar aangedui het dat hulle die kommunikasie wil ontvang en almal wat my laat weet het op die groep bygevoeg. Indien jy nie op die groep is nie, laat weet my gerus deur op die Algemeen kontakgroep op Skooler of per e-pos my in kennis te stel: suzaan@jvrprim.co.za

Wedlope vind op Vrydae plaas en begin die 5de Mei. Leerders wat wil probeer kwalifiseer, moet aan al 7 wedlope deelneem.

Wedlope vind op die volgende datums plaas:

  • 5 Mei – Kliek HIER vir meer inligting
  • 12 Mei
  • 19 Mei
  • 26 Mei
  • 9 Junie
  • 21 Julie
  • 28 Julie