Die tyd het aangebreek om die waardesembleem aan te pas nadat LS JvR gedurende 2016 ‘n waardegedrewe skool geword het. Ons wou al vier die waardes met kindervriendelike simbole uitbeeld terwyl ons die skool se unieke, warm kultuur vasvang. Huppelland se handelsmerk is gedurende 2022 vernuwe deur ‘n vars en moderne embleem te skep. Ons wou graag by Huppelland se nuwe identiteit aanpas aangesien ons almal deel van Laerskool Jan van Riebeeck is. Die dame wat verantwoordelik is vir die ontwikkeling van die embleme is Annemarie Kemp. Sy is ‘n graad 00 en 1-ouer van Huppelland en die Laerskool. Annemarie het dadelik ingestem om hande te vat om ons waardes nuwe lewe te gee. Haar proses was presies en met tyd is ‘n fantastiese eindproduk saamgestel wat al die veranderinge van ons skool saamvat. Ons is trots om te weet dat Annemarie ook SARIE se koekblik ontwerp het met Heleen Meyer (oud-ouer en voedselkonsultant) wat die koekieresep ontwikkel het. Ons is so trots op hierdie mamma en dankbaar dat sy tyd ingeruim het om ons te help.