Ons o.12 en o.13-netblaspanne en 0.13-rugbyspan het verlede naweek aan die Bulfees in Porterville deelgeneem.

Dit is ‘n heerlike toernooi waar spanne die geleentheid kry om voor die winterseisoen teen goeie kompetisie te speel.

Die netbaluitslae:

Wedstrydtellings van Vrydag, 24 Maart

0.12 A

  • Wen 12-6 teen Olifantsvallei
  • Wen 18-1 teen Porterville
  • Speler van die dag – Hila Hertzog

0.13 A

  • Verloor 12-14 teen Olifantsvallei
  • Wen 22-0 teen Pomario
  • Speler van die dag – Liza Hertzog

Die rugbyuitslae:

  • Wen 19 – 7 teen Olifantsvallei
  • Verloor 43 -7 teen Fanie Theron
  • Speel gelykop teen Calvinia
  • Verloor 48 – 7 teen Porterville

Ons wens vir al ons spanne alle sterkte toe vir die winterseisoen wat voorlê.