Hiermee wil ons graag formeel ons skool se PYEI Assistente bekendstel: Lesley-Ann Pieters en Jody Louw

Hierdie is die 4de keer wat Laerskool Jan van Riebeeck deel is van die PYEI projek waarby jeug in die omliggende gebied ‘n geleentheid kry om by ‘n skool werkservaring op te doen. Lesley-Ann en Jody het op 1 Februarie by ons skool aangesluit en sal tot aan die einde van die 3de kwartaal (30 September) by ons werksaam wees. Hulle het al verskeie opleidingskursusse gedoen om hulle in staat te stel om die beste van die geleentheid te maak en sal deurlopend meer kurrikulum gefokusde opleiding ontvang. Hulle help tans in graad 3 uit, maar sal later ‘n geleentheid kry om by ander grade ervaring op te doen.