Leerders kan van hierdie week af foto’s bestel. Elke leerder wat op die onderskeie fotodae teenwoordig was, het ‘n koevert vir die verskeie bestellings ontvang.

  • Laaste dag vir bestellings: Vrydag, 21 April 2023
  • Vul asb. die koevertjie waarop bestel moet word, volledig in.
  • Klasfoto’s en individuele foto’s word by die klasonderwyser bestel en betaal.
  • Julle is ook welkom om aanlyn op Lunchbox Photography se webtuiste te bestel.
  • Wagwoord vir aanlyn bestellings: JVR2020