Tennis o.12-dogters neem goud!

Twee van ons o.12 dogters het die afgelope naweek deel van die Intersone Suidelike span gevorm wat teen spanne van die ander sones moes kompeteer. Stella Lamprecht en Klara Maree het saam die res van hul spanmaats die toernooi gewen en verseker dat Suid-sone met die goud wegstap. Hulle het in die 3 rondes 101 punte aangeteken. Sentrale sone het die naaste aan hulle gekom met slegs 93 punte. Stella het ook vir elke lid van die span 'n armband gemaak. Welgedaan, meisies! Ons is ongelooflik trots op julle spel en...

Tenniswedstryde: 2 November 2022

Al vyf ons spanne speel Woensdag, 2 November, op verskillende plekke wedstryde.  Kyk asseblief sorgvuldig na die onderstaande inligting en voltooi die google form. Die spanlyste is in die google form beskikbaar. Noord-liga: Dogters A (Juf Anja Nauta) TUIS SPANNE: Noord-liga: Dogters A span vs. Curro Durbanville A PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 Noord-liga: Seuns A (Juf. Andri de Villiers) WEG SPANNE: Noord-liga: Seuns A span vs. Curro Durbanville A PLEK: Curro Durbanville Primary VERTREKTYD: 14:30 (Vanaf die skool) WEDSTRYDE BEGIN: 16:00 Noord-liga: Gemengde span (Juf Maricqe Coetzer) WEG SPANNE: Noord-liga: Gemengde span vs. Laerskool Brackenfell PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck VERTREKTYD: 13:45 (Vanaf die skool) WEDSTRYDE BEGIN: 14:45 Table View-liga: Gemengde JVR 1 (Juf Izél Storm) WEG SPANNE: Table View-liga: Gemengde JvR 1 vs. Van Riebeeckstrand dogters PLEK: Laerskool Van Riebeeckstrand, Melkbosstrand VERTREKTYD: 14:00 (Vanaf die skool) WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 Table View-liga: Gemengde JVR 2 (Juf Mardry Wright) TUIS SPANNE: Table View-liga: Gemengde JvR 2 vs. Blouberg Internasionaal Seuns UITGESTEL NA Dinsdag, 15 November  GOOGLE...

o.9 Krieketwedstryde: 1 November 2022

Ons o. 8 A span begin volgende week met hul eerste mini-krieketwedstryde. Slegs die o.9 A span speel saam met die o.8 A span teen Kampsbaai. Sien die onderstaande inligting en voltooi asseblief die google form. Dinsdag, 1 November 2022 (WEG) SPANNE: o.8 A o.9 A PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck klein skoolveldjie. WEDSTRYDE BEGIN: ±14:15 TERUG BY SKOOL: ±16:00 GOOGLE...

o.11 Krieketwedstryde: 2 November 2022

Die o.11 A en B spanne speel beide op Woensdag, 2 November, wedstryde teen verskillende skole.  Sien asseblief die onderstaande inligting en voltooi die google form.  Woensdag, 2 November 2022  SPAN: o.11 A vs. Welgemoed (TUIS) PLEK: Conradieveld VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: ±15:00 TERUG BY SKOOL: ±17:30 GOOGLE FORMS SPAN: o.11 B vs. Kampsbaai (WEG) PLEK: Symmonds veld, Kampsbaai VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: ±15:00 TERUG BY...

Tennisuitslae: 26 Oktober 2022

Ons het Woensdag, 26 Oktober, met vier spanne teen verskillende skole wedstryde gespeel. Die uitslae was soos volg: Noord-liga, o.13-dogters A vs. Durbanville A verloor 2-4 [Stella Lamprecht, Klara Maree, Jeanne van Heerden en Katia van Wyk] Noord-liga, o.13-seuns A het 'n BYE gehad Noord-liga, Gemengdespan vs. Curro Brackenfell wen 6 - 0 [Gustav Pansegrouw, Johan Symington, Ané Swanepoel en Stella Pansegrouw] Table View-liga, Gemengde span 1 vs. Blouberg Ridge wen 6 - 0 [Rafa Lamprecht, Anna Louw, Daniel Welgemoed en Cara Swanepoel] Table View-liga, Gemengde span 2 vs. Table View wen 1-5 [Liza Hertzog, Pierre-Jaque Smit, Emke van Wyk en André...

Kooroptrede, 27 November

Ons is baie opgewonde om weer op te tree! Albei kore sing op Sondagaand, 27 November, om 19:00 by Tamboerskloof NG Kerk se Kerssangdiens. Dis altyd 'n baie mooi (kort) aand. By hierdie geleentheid sit koorlede by hulle ouers in die kerk. Hulle dra nie skoolklere nie, maar wel enigiets WIT (met 'n tikkie kersfees "bling"). Almal is welkom. Dit is die laaste kooroptrede vir die jaar. Ons sien daarna uit om julle daar te...

Moderne Dans

Die volgende 14 dansers doen hul Cape Studio Moderne Dans Assessering op Saterdag, 29 Okt. 2022, by die skool. Almal is baie opgewonde! Graad 1 "Cheetahs" Mika vd Walt Karen James Gia Kruger "Pop Kittys" Christa-Bella Swart Annabella Enslin Isla Jooste "BlueBirds" Stella Rabie Christina du Toit Lucy le Roux Graad 2 Heidi v Heerden Miekela Myburgh Graad 3 Ella vd Walt Alida Loubser Graad 5 Isabella Marais Lekker dans en dankie dat julle so mooi voorberei...

Radikale Redenaars

Karu Rademeyer het die afgelope naweek aan die Radikale Redenaars se nasionale kompetisie in Boksburg deelgeneem. Sy is as die wenner in die Engelse afdeling aangewys en het 'n tweede plek in die Afrikaanse afdeling losgeslaan! Wat 'n fenomenale prestasie! Ons is baie trots op jou,...

Prysuitdeling 2022

Maak asb. 'n aantekening in jou dagboek om die prysuitdelingsgeleenthede in ons skoolsaal by te woon. Maandag, 5 Des: Gr. 1 - 08:30 Gr. 2 - 10:00 Gr. 3 - 12:00 Dinsdag, 6 Des: Gr. 4 - 08:30 Gr. 5 - 10:00 Gr. 6 - 12:00 Donderdag, 8 Des: Gr. 7 - 18:00

Tenniswedstryde: 26 Oktober 2022

Vier van ons spanne speel hierdie week wedstryde. Kyk asseblief sorgvuldig na die onderstaande inligting en voltooi die google form. Die spanlyste is in die google form beskikbaar. Noord-liga: Dogters A (Juf Maricqe Coetzer) WEG SPANNE: Noord-liga: Dogters A span vs. Durbanville A PLEK: Laerskool Durbanville VERTREKTYD: 14:30 (Vanaf die skool) WEDSTRYDE BEGIN: 16:00 Noord-liga: Seuns A- BYE Noord-liga: Gemengde span (Juf Mariaan Conradie) TUIS SPANNE: Noord-liga: Gemengde span vs. Curro Brackenfell PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 Table View-liga: Gemengde JVR 1 (Juf Mariaan Conradie) TUIS SPANNE: Table View-liga: Gemengde JvR 1 vs. Blouberg Ridge PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 Table View-liga: Gemengde JVR 2 (Juf Mardry Wright) WEG SPANNE: Table View-liga: Gemengde JvR 2 vs. Table View PLEK: Laerskool Table View VERTREKTYD: 14:00 (Vanaf die skool) WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 GOOGLE...

o.9 Krieketwedstryde: 25 Oktober 2022

Ons begin volgende week met ons mini-krieketwedstryde en beide spanne gaan teen Herzlia Highlands speel. Sien die onderstaande inligting en voltooi asseblief die google form. Dinsdag, 25 Oktober 2022 SPANNE: o.9 A o.9 B PLEK: Sarah Bloch: 189 Buitenkant St, Vredehoek, Cape Town, 8001 VERTREKTYD: 13:45 WEDSTRYDE BEGIN: ±14:15 TERUG BY SKOOL: ±16:00 GOOGLE...

Junior- en Seniorkoor

Ons is trots op ons kore wat pragtig gesing het en mooi verslae gekry het by verlede week se Weskus Koorfees. Dankie aan al die ouers se opoffering met vervoer. Ons sien uit na die Kerssangdiens op 27 November te N.G. Kerk Tamboerskloof. Hou solank die datum oop!

o.11 Krieketwedstryde: 26 Oktober 2022

Die o.11 A en B spanne begin volgende week met hul eerste wedstryde vir die seisoen. Sien asseblief die onderstaande inligting en voltooi die google form.  Woensdag, 26 Oktober 2022 SPAN: o.11 A vs. Herzlia Highlands (WEG) PLEK: Van Riebeeck sports field: 11 Chapel Rd, Vredehoek VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: ±14:45 TERUG BY SKOOL: ±17:30 GOOGLE FORMS SPAN: o.11 B vs. Groote Schuur (TUIS) PLEK: Conradieveld VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: ±15:00 TERUG BY SKOOL: ±17:30 GOOGLE...

Tegnologie Vraelys

Soos in die Nuusbrief van 22 Julie gekommunikeer, is ons skool besig om van Google Worksuite af te migreer na die Microsoft Education platform. Om ons tegnologie strategie te help finaliseer, wil ons graag verstaan hoe ons Jannies bestaande tegnologie gebruik. Ons versoek dat een ouer per huisgesin asseblief 'n tegnologie vraelys wat ons volgende week gaan uitstuur teen Vrydag, 28 Oktober, sal voltooi. Dit is ‘n kort vraelys en behoort binne 6 minute voltooi te kan...

Geagte Ouers / Voogde

Die eerste week van die kwartaal het op ‘n besondere hoogtepunt geëindig met die vieringe van Ouma- en Oupadag op Vrydag, 14 Oktober 2022. Oupas en oumas het van heinde ver gekom om die spesiale dag by hul kleinkinders se skool te spandeer. Die vreugde en dankbaarheid om die belangrike rol van ouma en/of oupa te vertolk, was amper tasbaar tydens die dag. Vir ons as skool is dit belangrik dat grootouers ook vir ‘n kort rukkie die skoolomgewing kan ervaar sodat hulle kan sien waar hul kleinkinders soveel tyd met betrekking tot hul opvoeding spandeer. Ek glo dit is belangrik vir die grootouers om te kan sien dat hul kleinkinders gelukkig by die skool is en baie belangrik dat die kinders ook die skoolervaring geniet. Alhoewel ek ongelukkig nie self die dag kon bywoon nie, is ek doodseker dat ons oumas en oupas die bederfdag terdeë geniet het en baie trots op hul kleinkinders is. Die spesiale dag is verder afgerond met ‘n insiggewende boodskap deur die gasspreker, naamlik Helen Zille. Helen Zille is ‘n formidabele vrou en ‘n dinamiese ouma met ‘n pragtige kleinkind by Huppelland. Baie dankie ook aan ons Beheerrraad-Voorsitter, Merwe Scholtz, vir sy pragtige boodskap tydens die geleentheid. Graag wil ek al die oumas en oupas hartlik bedank wat al die moeite gedoen het om ‘n dag tydens skooltyd deel te wees van hul kleinkinders se lewens. Dit is baie spesiaal vir die kinders en oumas en oupas moet nooit vergeet die belangrike rol wat julle in jul kleinkinders se lewens speel nie. Julle mag maar aanhou om hulle lekker te bederf! Laat my...

Belangrike Datums

julie 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor