Karu Rademeyer het die afgelope naweek aan die Radikale Redenaars se nasionale kompetisie in Boksburg deelgeneem. Sy is as die wenner in die Engelse afdeling aangewys en het ‘n tweede plek in die Afrikaanse afdeling losgeslaan! Wat ‘n fenomenale prestasie! Ons is baie trots op jou, Karu!