Ons is baie opgewonde om weer op te tree! Albei kore sing op Sondagaand, 27 November, om 19:00 by Tamboerskloof NG Kerk se Kerssangdiens. Dis altyd ‘n baie mooi (kort) aand. By hierdie geleentheid sit koorlede by hulle ouers in die kerk. Hulle dra nie skoolklere nie, maar wel enigiets WIT (met ‘n tikkie kersfees “bling”). Almal is welkom. Dit is die laaste kooroptrede vir die jaar. Ons sien daarna uit om julle daar te sien.