Verlore Goedere

Ons wil graag ’n beroep op beide leerders en ouers doen in verband met verlore goedere. Ons ontvang tans ’n oorvloed van items wat by verlore goedere beland en wil die probleem graag aanspreek. Ons vra dat alle besittings asseblief duidelik (met die leerder se naam en van) gemerk word, aangesien dit ons werk vreeslik vergemaklik. Verder glo ons ook dit is belangrik dat leerders aangemoedig en geleer word om verantwoordelikheid vir hul besittings te aanvaar en vra dat ouers ons in hierdie verband sal ondersteun. Julle samewerking word...

Boekverkope: 23 en 24 Maart

Neem asseblief kennis dat daar volgende Donderdag en Vrydag (die 23 en 24ste Maart) weer 'n boekverkope in die biblioteek sal plaasvind. Stuur asseblief ’n geldjie saam skool toe indien jou kind belangstel om ’n boek te koop. Verkope sal tydens skooltyd tot en met 15:30 plaasvind en beide leerders en ouers is welkom om ’n draai te kom maak. Ons is opgewonde om julle almal daar te...

Dramatye: 17 Maart en volgende kwartaal op Woensdae

Liewe Drama-Ouers, Vandag se dramatye is as volg: Gr. 1-3   12:45 - 13:30 Gr. 4-7   13:30 - 14:30 Volgende kwartaal se Woensdagtye sal ook a.g.v. sport aangepas word. Dit sal langer wees sodat ons die kinders wat nie aan wintersport deelneem nie ook in ag neem: Gr. 1-3   14:15 - 15:20 Gr. 4-7   15:20 - 16:30 Lekker langnaweek! Groete,...

Jannies neem aan Cape Town Cycle Tour deel

Baie geluk aan Karlien van der Walt en Ruben Eksteen wat albei Sondag saam met hul pa's die Cape Town Cycle Tour voltooi het. Hulle het 'n afstand van 109km te fiets afgelê. Dis 'n ongelooflike prestasie en ons is baie trots op hulle uithouvermoë!

Veilingsdinee: 27 Mei 2023

Dit is weer veilingsdineetyd en ons is hard aan die werk om die aand 'n spesiale geleentheid vir elke Jannie-ouer te maak. Die doel van die veiling is om die skool se hoë standaard te handhaaf wat onmoontlik sal wees sonder fondsinsameling-inisiatiewe soos hierdie. Ons hoop werklik dat die jaar weer so 'n groot sukses soos laas jaar sal wees en dat die skool die fondinsamelingsdoelwitte bereik. Daarvoor het ons betrokkenheid nodig van die wat kan.  Ons versoek dat die ouers wat iets kan bydrae om geveil te word asseblief vir Odette by odettefaling@gmail.com kontak. Sien ook aangeheg die uitnodiging na die...

Geagte Ouers / Voogde

Soos julle bewus is, vind daar die afgelope tyd heelwat veranderinge by die skool plaas. Onder andere die opgradering van die infrastrukture, skooldrag, infasering van die toep, Skooler, as kommunikasiekanaal, Migrasie van die Google Workspace na Microsoft Educational wat beteken dat Google Classroom deur Teams vervang word. Ek verstaan dat veranderinge nie noodwendig deur almal in ons skoolgemeenskap omhels word nie, want vir sommige mense lei verandering tot angs en onsekerheid. Verder beleef ons as Suid-Afrikaners bewustelike en onbewustelik hoë vlakke van angs en stres as gevolg van ekonomiese onsekerhede, wisselvallige beurtkrag en dit te same met die verkeersfrustrasie sal dit enige iemand teen die mure uitfdryf. Ek het baie begrip en empatie dat verdere veranderinge by die skool ook tot hoër frustrasievlakke kan lei, maar ek versoek egter dat die skoolgemeenskap indien daar ontevredenheid oor sekere aspekte van die skool is asseblief nie hul ongelukkigheid op WhatsApp-groepies en ander sosiale platforms openbaar nie. Dit is vir niemand goed nie en lei tot verdere angs en negatiwiteit. Kontak eerder myself of die skool as iets pla. Ons sal beslis luister en dinge in konteks kan plaas. Wees verseker dat ons baie deeglike navorsing oor die beplande veranderinge by die skool gedoen het voordat ons dit in werking gestel het. Enige verandering neem tyd en voor ons dit weet, lei die veranderinge na die spreekwoordelike beter bestemmings en ons skool hou tred met al die hedendaagse uitdagings tot voordeel van ons leerders. Dus nooi ek almal wat onseker is oor die gebruik van Skooler en Teams uit om op Maandagaand, 13 Maart 2023, om 18:00 in die saal 'n informele...

Skool verdaag vroeër: 28 Maart

Die skool verdaag op Dinsdag, 28 Maart, om 12:45 (gr. 1-3) en 13:00 (gr. 4-7) as gevolg van personeelopleiding wat vir Huppelland en die Laerskool se onderwysers/assistente vanaf 13:15 aangebied word. Nasorg sal soos gewoonlik voortgaan.

Skooldrag op koeler dae

Met die koeler weer van hierdie week wil ons almal op hoogte van die winterdrag se vordering hou. Die volgende skooldrag is vir hierdie jaar se koeler dae aanvaarbaar: Graad 1-3: Geen vaste datum vir winterdrag nie – leerder/ouer besluit self Kortmou/langmou golfer (albei lyk dieselfde) Skort/sportkortbroek Sweetpaktop en -broek (moet tydens LO-dae en sportdae, sportwedstryde gedra word) Soft Shell-baadjie – nie verpligtend nie, maar lekker warm om bo-oor sweetpaktop aan te trek. Wit sokkies en tekkies of kaalvoet Graad 4-7 (Dogters): *Die onderstaande drag is vir hierdie jaar aanvaarbaar totdat al die klere aan almal beskikbaar is. LO-drag sal vanaf 2024 slegs op LO-dae gedra word. Kortmou/langmou golfer (albei lyk dieselfde) Donkerblou netjiese (formele) rompie met lang donkerblou sokkies (met wit strepies)/swart kouse en skoolskoene OF Skort Donkerblou kortbroek/ donkerblou langbroek met lang donkerblou sokkies (met wit strepies)/swart kouse en skoolskoene Sweetpaktop en -broek (moet tydens LO-dae en sportdae, sportwedstryde gedra word) met wit sokkies en tekkies Soft Shell-baadjie Gr. 7-oopknooptrui Graad 4-7 (Seuns): *Die onderstaande drag is vir hierdie jaar aanvaarbaar totdat al die klere aan almal beskikbaar is. LO-drag sal vanaf 2024 slegs op LO-dae gedra word. Kortmou/langmou golfer (albei lyk dieselfde) Sportkortbroek Donkerblou kortbroek/khaki langbroek met lang donkerblou sokkies (met wit strepies) en skoolskoene Sweetpaktop en -broek (moet tydens LO-dae en sportdae, sportwedstryde gedra word) met wit sokkies en tekkies Soft Shell-baadjie Gr. 7-oopknooptrui Uitstaande items weens produksie/beskikbaarheid/kragonderbrekings: Gr. 1-7: Sweetpaktop en -broek Gr. 4-7-dogters: Geruite rompies vir somer- en winterdrag (eers kw. 4/2024) Gr. 7-trui Gr. 4-7-seuns: Gr....

Vakansiesorg vir Skolevakansiedag (20 Maart)

Voltooi asb. die vorm indien jy belangstel om jou kind(ers) vir die skolevakansiedag in vakansiesorg te plaas. [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2023/03/VAKANSIESORG-Menseregtedag-Maart-2023.pdf" title="VAKANSIESORG Menseregtedag Maart...

WP-atlete

Saterdag, 4 Maart, het 7 van ons atlete aan die WP-proewe te Paarl deelgeneem. Dit was baie beplanning om die atlete by die stadion te kry aangesien ons graad 5 en graad 7-leerders op kampe was. Dit was 'n heerlike dag om wonderlike atlete te sien deelneem. Baie geluk aan al ons atlete wat pragtig op die dag presteer het. Delmar Benecke het met 'n tyd van 3:48 in 1200m homself in die WP-span gehardloop. Dit was 8 sekondes vinniger as sy persoonlike beste tyd. Jana Olivier het 3de in die diskus geeïndig met 'n afstand van 18,12m. Baie geluk aan die twee atlete wat hul WP-kleure verower het. Hulle neem Saterdag aan die Wes-Kaap byeenkoms te Paarl deel. Ons wens vir julle sterkte...

Tennisuitslae

Drie van ons tennisspanne het die week 'n wedstryd gespeel. In die Noord-liga het ons Dogters A teen Kenridge vasgeval en ons verloor 1-5. Ons gemengde A-span was te sterk vir Aristea en ons wen die wedstryd 6-0. In die Table View-liga het ons Seuns A teen Blouberg International te staan gekom.  Ongelukkig was die oposisie te sterk vir ons en ons verloor 0-6. Volgende week is die laaste wedstryde vir die kwartaal en ons wens vir al ons spanne alle sterkte...

Krieketuitslae: 8 Maart

0.11 A vs Golden Grove JvR het eerste veldwerk gedoen en ons kry hulle uit vir 44 na 15 beurte.  Ons neem 3 paaltjies. Phumi Salimani - 7 lopies na 2 beurte en 1 paaltjie Nicholas Marais - 10 lopies na 2 beurte en 1 paaltjie Alexander Wiedemann - 2 lopies na 1 beurt en 1 paaltjie JvR kolf tweede en neem hulle telling verby na 6 beurte. Ben Esterhuyse (22* nie uit nie) en Nils le Roux 11 lopies - Nils was ongelukkig uit toe hy sy eie paaltjies raak slaan. JvR wen die wedstryd met 9 paaltjies. Die 0.11A-span was onoorwonne die seisoen. Baie geluk, manne.  Ons is baie trots. 0.11 B vs Pinehurst Pinehurst het eerste gekolf en deur puik boulwerk het ons tot slegs 58 lopies beperk. Ons het tweede gekolf en neem hulle telling verby met nog 4 boulbeurte oor. Dit was 'n puik vertoning deur ons...

Belangrike Datums

julie 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor