Dit is weer veilingsdineetyd en ons is hard aan die werk om die aand ‘n spesiale geleentheid vir elke Jannie-ouer te maak. Die doel van die veiling is om die skool se hoë standaard te handhaaf wat onmoontlik sal wees sonder fondsinsameling-inisiatiewe soos hierdie. Ons hoop werklik dat die jaar weer so ‘n groot sukses soos laas jaar sal wees en dat die skool die fondinsamelingsdoelwitte bereik. Daarvoor het ons betrokkenheid nodig van die wat kan.  Ons versoek dat die ouers wat iets kan bydrae om geveil te word asseblief vir Odette by odettefaling@gmail.com kontak. Sien ook aangeheg die uitnodiging na die veiling.