Saterdag, 4 Maart, het 7 van ons atlete aan die WP-proewe te Paarl deelgeneem.

Dit was baie beplanning om die atlete by die stadion te kry aangesien ons graad 5 en graad 7-leerders op kampe was. Dit was ‘n heerlike dag om wonderlike atlete te sien deelneem. Baie geluk aan al ons atlete wat pragtig op die dag presteer het.

Delmar Benecke het met ‘n tyd van 3:48 in 1200m homself in die WP-span gehardloop. Dit was 8 sekondes vinniger as sy persoonlike beste tyd.
Jana Olivier het 3de in die diskus geeïndig met ‘n afstand van 18,12m.

Baie geluk aan die twee atlete wat hul WP-kleure verower het.

Hulle neem Saterdag aan die Wes-Kaap byeenkoms te Paarl deel.

Ons wens vir julle sterkte toe!