0.11 A vs Golden Grove

JvR het eerste veldwerk gedoen en ons kry hulle uit vir 44 na 15 beurte.  Ons neem 3 paaltjies.

Phumi Salimani – 7 lopies na 2 beurte en 1 paaltjie
Nicholas Marais – 10 lopies na 2 beurte en 1 paaltjie
Alexander Wiedemann – 2 lopies na 1 beurt en 1 paaltjie

JvR kolf tweede en neem hulle telling verby na 6 beurte. Ben Esterhuyse (22* nie uit nie) en Nils le Roux 11 lopies – Nils was ongelukkig uit toe hy sy eie paaltjies raak slaan. JvR wen die wedstryd met 9 paaltjies.

Die 0.11A-span was onoorwonne die seisoen. Baie geluk, manne.  Ons is baie trots.

0.11 B vs Pinehurst

Pinehurst het eerste gekolf en deur puik boulwerk het ons tot slegs 58 lopies beperk.

Ons het tweede gekolf en neem hulle telling verby met nog 4 boulbeurte oor.

Dit was ‘n puik vertoning deur ons manne.