Drie van ons tennisspanne het die week ‘n wedstryd gespeel.

In die Noord-liga het ons Dogters A teen Kenridge vasgeval en ons verloor 1-5.

Ons gemengde A-span was te sterk vir Aristea en ons wen die wedstryd 6-0.

In die Table View-liga het ons Seuns A teen Blouberg International te staan gekom.  Ongelukkig was die oposisie te sterk vir ons en ons verloor 0-6.

Volgende week is die laaste wedstryde vir die kwartaal en ons wens vir al ons spanne alle sterkte toe.