Markdag: 22 Junie 2023

Markdag vind Donderdag, 22 Junie, plaas. Dit is die grondslagfase se beurt vir verkope. Tafelbesprekings sluit Dinsdag om 13:00. Geen kontant word aanvaar vir die bespreek van tafels nie, betalings kan slegs op die Karri-toep gemaak word. Markdag sal van 11:30 - 12:15 geskied. Geen klappers of lewende hawe mag verkoop word...

Geagte Ouers / Voogde

Week 9 het afgeskop met die graad 4 – 6-leerders wat ook met die Junie-eksamens begin het. Die grondslagfase leerders is reeds besig met hul tweede en finale week van formele assesserings. Baie dankie aan al die ouers/voogde en onderwysers wat so mooi help om die stresvlakke en spanning tydens die eksamen in toom te hou sodat dit nie die oorhand kry nie. Ons woon en leef in ‘n land waar ons daagliks bewustelik en onbewustelik stres en angs as gevolg van beurtkrag, misdaad, verkeer, korrupsie en uitdagende ekonomiese tye ervaar. Ons kinders word ongelukkig hieraan blootgestel en daarom is dit belangrik dat ons kollektief seker maak dat ons kinders nie addisionele angs en stres ervaar nie. Vanaf Maandag, 05 Junie, het die buitemuurse sportprogram in skooltyd net na die aflê van die daaglikse eksamens plaasgevind. Die doel daarvan om nog steeds met sportoefeninge gedurende die eksamentyd voort te gaan is tweeledig: eerstens geniet die leerders dit terdeë om direk na ‘n lang eksamensessie uit die klas te kom, die vars lug te geniet en aktief te wees wat sommer ook help met hul algemene geestelike welsyn. Tweedens help die program om hulle fiks te hou asook om hul spelpeil langer te handhaaf, veral met ‘n 3 weke vakansie wat voorlê. Daar is die afgelope kwartaal so hard gewerk om fiksheidsvlakke te verbeter en effektiewe spelpatrone te implementeer en indien ons sportoefeninge vanaf die begin van die eksamens sou stop plus die vakansie wat voorlê, beteken dit dat daar amper 7 weke van geen oefeninge sal plaasvind nie. Dit is vir my belangrik dat ons leerders veral tydens die...

Landloop: Terugvoer en Uitslae 26 Mei & 2 Junie

Vrydag, 26 Mei, het die landloop atlete aan 'n wedloop te Kampsbaai deelgeneem. Dankie aan juf. Helene Slabbert wat die leerders vergesel het! Hiermee die uitslae: Jasper Wolff (o.8) - 22ste Lukas Loubser (o.8) - 21ste Gia Kruger (o.8) - 17de Ben Louw (o.9) - 36ste Ella van der Walt (o.10) - 17de Verlede Vrydag, 2 Junie, het ons ons eie pret landloopwedloop op die Tafelbergpad gehou. Dit was 'n heerlike draf teen ons mooie Tafelberg met klein watervalle. Die volgende leerders het gehardloop: Petronella Gouws, Ella Fischer, Anouk Jacobsz, Anna Leach, Ilan van den Berg, Alexander Styan, Lua Groenewald, Lukas Loubser, Luc Durand, Gia Kruger, Ben Louw, Leah Jacobsz, Maia du Toit, Hanna Thom, Cato Terblanche, Samuel Groenewald, Nell du Toit, Marais Groenewald en Sophia Terblanche. Baie dankie aan almal wat deelgeneem het en ouers wat saamgedraf / aangemoedig het! Ons maak weer so! Indien daar leerders is wat graag by Landloop wil aansluit, stuur gerus 'n boodskap aan suzaan@jvrprim.co.za of op Skooler se Algemeen kontakgroep sodat julle ook Landloop boodskappe...

Karu Rademeyer presteer op kultuurgebied

Karu was die afgelope ruk by 'n hele klompie kultuuraktiwiteite betrokke en vaar ongelooflik goed in elkeen wat sy aanpak. Hiermee 'n bietjie terugvoer: Karu is onlangs in die Cape Town Children's Choir ingesluit. Hulle oefen op Vrydaemiddae by die Bea Soleil Musiekskool. Sy het ook die wonderlike geleentheid om Vrydag en Saterdag deel te wees van Carmina Burana in die Kaapstadse Stadsaal. Sy geniet haar klarinet al hoe meer en is ook nou deel van die Kaapse Filharmoniese Orkes se 'Academy Band'. Sy sê die standaard is hoog en die kinders speel al goed - sy moet lekker hard werk. Hul oefen op spesifieke Saterdaeoggende. Sy het verlede week gehoor dat sy suksesvol was met haar twee oudisies en is ingesluit in die rolverdeling van TOSCA wat in September by Kunstekaap op die planke gaan wees. Hulle begin Saterdag oefen en dan ook dwarsdeur die Junie-vakansie. Karu het verlede Saterdag in Worcester aan die Wes-Kaapse streeksfinaal van die Radikale Redenaars-kompetisie deelgeneem. Sy het die Afrikaanse poësie-afdeling en ook die Afrikaanse prosa-afdeling gewen en neem in Oktober in Gauteng aan die nasionale finaal deel. Baie geluk, Karu! Ons is so trots op...

Nuwe skooldrag

Sien gerus die beskrywing en foto's hier onder vir 'n voorbeeld van die leerders se winterdrag (grondslagfase se foto's sal binnekort gepubliseer word). Volg hierdie skakel vir die die kleredrag webblad op ons webtuiste.  Sweetpakke is in produksieproses.  Hierdie jaar mag leerders nog meer informele skooldrag dra a.g.v. infasering van skooldrag.  Vanaf 2024 sal korrekte skooldrag verpligtend vir almal wees. Grondslagfase (Gr. 1 - 3) Dogters Langmou wit en donkerblou hemp Sweetpak (top en broek) Wit sokkies en tekkies OF kaalvoete OF donkerblou plakkies “Soft Shell” baadjie (vir addisionele hitte) Seuns Langmou wit en donkerblou hemp Sweetpak (top en broek) Wit sokkies en tekkies OF kaalvoete OF donkerblou plakkies “Soft Shell” baadjie (vir addisionele hitte) Intermediêre en Senior fase (Gr. 4 - 7) Dogters Langmou wit en donkerblou hemp “Soft Shell” baadjie Geruite rompie / donkerblou rompie OF donkerblou langbroek Swart sykouse OF donkerblou lang sokkies met wit strepies Swart skoolskoene OF donkerblou plakkies OF kaalvoete Seuns Langmou wit en donkerblou hemp “Soft Shell” baadjie Khaki langbroek OF donkerblou kortbroek Donkerblou lang sokkies met twee wit strepies Swart skoolskoene OF donkerblou plakkies OF...

Welwillendheidsprojekte terugvoer

Pantoffeldag-projek: Op Vrydag, 5 Mei 2023, het die leerders almal pantoffels gedra. Die skool het altesaam R3000,00 ingesamel. Die geld is ingesamel om bederfpakkies vir Ysterplaat se ouetehuis te maak. Die Graad 3’s het, tesame met Alive Foundation, die pakkies op 7 Junie gaan uitdeel. Dit het ‘n kombers, sokkies en sopbestanddele bevat. Die bejaardes was vreeslik dankbaar en trane van waardering was sigbaar. Twee van die leerders het hul gediggies op gesê en ‘n groot applous ontvang. Sop-in-'n-fles-projek: Sopbestandele en flesse is hierdie kwartaal ingesamel. Van die sopflesse was deel van die bederfpakkie vir die ouetebuis. Die res van die sopflesse gaan ons vir Mandeladag aan Prestwich skool skenk. Ons wil ouers hartlik bedank vir al die glasbottels, sopprodukte en kontantbydraes. Dankie ook aan die ouers wat kom help pak het. Ons waardeer almal se bydrae en...

Netbaluitslae: Liga wenners

Vrydag, 2 Junie  2023 B-liga uitslae:  Wen Zwaanswyk 30 - 0  Wen Reps 27 - 1 Wen Somerset House 21 - 2 JvR wen die pool en speel teen Fanie Theron in die semi-finaal. Ons wen 24 - 4 Saterdag, 3 Junie 2023 Wen Totius 12 - 8 Saterdag, 3 Junie, was dit JvR se 3de keer wat ons teen Totius te staan gekom het. Dit was 'n taai wedstryd. Halftyd was die telling 5-4 vir JvR. In die tweede helfte het die Jannies met 'n sterk 2de asem teruggekom en behoorlik vir Totius gewys wie die beste span is. Elke speler het meer as hulle beste gegee. Ons is ongelooflik trots op die dogters wat in die koue hierdie wedstryd gespeel het. 'n Spesiale dank aan ons gereelde groep ondersteuners wat kliphard langs die baan geskree het. Dit is net 'n voorreg om met so 'n goep dogters te werk. Die wedstryd is vir altyd in my hart gegraveer. Juffrou Ischké...

Eksamenwenke: Belonings

Hoe om belonings te gebruik / How to use rewards (deur Marike Badenhorst, LS JvR Opvoedkundige sielkundige) Dit is eksamen en is vir baie ouers en leerders ‘n senutergende tyd. Dikwels voel ouers hul kinders het net daai ekstra bietjie motivering nodig. Dit is nie verkeerd om jou kind te beloon nie, maar dit is belangrik hóé om dit doen. Hier is ‘n paar riglyne: Wees baie spesifiek en sorg dat kind presies weet hoe om dit te verdien / Be clear about rewards and how to earn them Wees spesifiek wanneer jy jou kind wil beloon. In plaas van “ jy kan langer televisie kyk” sê eerder “jy kan ‘n halfuur langer televisie kyk”. Maak ook seker dat jou kind presies weet wat hy/sy moet dóén. In plaas van “maak jou kamer aan die kant”, sê eerder“hang jou klere op, pak jou speelgoed weg en maak jou bed op.” Prys jou kind se GEDRAG / Praise BEHAVIOUR instead of traits Prys en gee erkennig aan jou kind se GEDRAG. Wanneer jou kind goed doen in ‘n vraestel, prys hom vir sy/ haar harde werk eerder as vir haar intelligensie/ hoe slim sy is. Wanneer jou kind begin glo dat hy ‘n toets deurgekom het omdat hy slim/ intelligent is, wat beteken dit dan wanneer jou kind swak presteer? Ook, deur gedrag te prys soos harde werk sal lei tot nóg harde werk, maar iets soos intelligensie is buite jou kind se beheer. Beloon jou kind gereeld en wees konsekwent /Give rewards regularly and be consistent Probeer om nie een groot belonging te gee vir iets waarvoor hulle lank...

Oudisie vir The Sound of Music

Kinders kan nou oudisie vir Pieter Toerien en die Kaapstad Opera se The Sound of Music produksie. Stuur 'n e-pos aan info@musicaltheatreworkshop.co.za. Volg die skakel vir meer inligting.

Netbaluitslae: 25 Mei

Baie geluk aan die netbaldogters met hierdie puit uitslae: Vrydag, 25 Mei, B-liga uitspele 0.10 JvR vs Destinatus wen 12-2  JvR vs Rallim prep wen 11-2  JvR vs Milnerton wen 8-3  JvR vs Totius gelykop 5-5   0.11 JvR vs Vredekloof wen 7-1  JvR vs Blouberg Ridge wen 9-2  JvR vs Edgemead wen 9-2  JvR vs Totius wen 10-5  0.13 JvR vs Totius wen 9-7  JvR vs Edgemead wen 14-1  JvR vs Elkanah House wen 15-5 Vrydag, 25 Mei, Stellenbosch Sportdag 0.10B JvR vs Stellies verloor 2-12  JvR vs Kenridge wen 6-3  JvR vs Lochnerhof verloor 3-10 0.11C JvR vs Stellies wen 6-5 JvR vs Kenridge wen 3-1 0.11B  JvR vs Stellies verloor 2-6 JvR vs Kenridge wen 2-1 0.12A JvR vs Stellies C wen 20-5 JvR vs Kenridge C wen 13-4 0.12B JvR vs Lochnerhof D wen 20-6 JvR vs Stellie wen 22 -3  0.13B JvR vs Lochnerhof wen 19-5 JvR vs Kenridge wen 9-7 JvR vs Stellie verloor 8-13 0.13C   JvR vs Stellies verloor 5-12 JvR vs Kenridge verloor 3-8 JvR vs Durbanville verloor...

Geagte Ouers / Voogde

Mei-maand, ‘n baie besige maand by ons trotse skool het skielik die trekpas gekry met Junie wat so stilletjies haar opwagting gemaak het. Junie-maand bring ook die koue en nat weer soos die seisoene draai en ons is so dankbaar vir die wonderlike reën wat die afgelope tyd wyd verspreid oor ons land val. Saterdagaand, 27 Mei, het ons jaarlikse veilingsdinee by die ikoniese Pienk Dame, naamlik die Mt. Nelson Hotel plaasgevind. Al die kaartjies was vir die glans- en fondsinsamelingsgeleentheid uitverkoop. Die gaste was elegant en deftig vir die spesiale geleentheid getooi. MC du Toit, een van ons ouers, het soos in die verlede as afslaer opgetree. Hy het die 41 lotte binne ‘n kort tydjie verkoop en nie eens die Stormers se misrabele vertoning teen Munster kon sy en die gaste se geesdrif demp nie. Dit is dan my eer en voorreg om bekend te maak dat daar tydens die veiling ‘n enorme R1,25m ingesamel is. Dit het al ons verwagtinge oortref, veral met die huidige ekonomiese toestande in ag geneem. Graag wil ek ook die geleentheid gebruik om al ons gaste en veral ons ouers wat op die aand ‘n finansiële bydrae gemaak het, hartlik te bedank vir hul finansiële hulp om LS Jan van Riebeeck na nog hoër hoogtes te neem. Daar is darem nie net ‘n spogveiling gehou nie, maar ook lekker saam gekuier en gedans. Die onthaalsaal van die Mt. Nelson was uiters stylvol voorberei. Die samesyn was kosbaar en die spreekwoordelikge goeie gevoel van die skoolgemeenskap was feitlik tasbaar. Baie dankie aan ons Voorsitter van die Opvoedingstrust en die Beheerraad, naamlik Merwe...

Kopluise

Daar is ongelukkig weer kopluise onder enkele leerders gewaar. Kyk asb. by die huis in jou kind se hare vir enige ongewenste gaste.  Indien daar tydens skooltyd luise in jou kind se hare gewaar word, sal ons jou kontak sodat jy jou kind kan kom haal. Leerders wat kopluise het, mag eers weer skool toe kom nadat die luise heeltemal verwyder is. Wenke: Indien jy wil voorkom dat jou kind kopluise kry, kan jy voorkomende sjampoe by bv. Dischem of Clicks koop. Indien jy luise in jou kind se kop gewaar, koop 'n sjampoe wat spesifiek luise en nete doodmaak. Maak seker jy lees die instruksies van die luissjampoe. Dit help ook om 'n luiskammetjie te koop om nete en luise uit te kam. Was jou kind se beddegoed om ontslae te raak van nete en luise wat moontlik daarop agtergebly...

Belangrike Datums

julie 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor