Pantoffeldag-projek: Op Vrydag, 5 Mei 2023, het die leerders almal pantoffels gedra. Die skool het altesaam R3000,00 ingesamel. Die geld is ingesamel om bederfpakkies vir Ysterplaat se ouetehuis te maak.

Die Graad 3’s het, tesame met Alive Foundation, die pakkies op 7 Junie gaan uitdeel. Dit het ‘n kombers, sokkies en sopbestanddele bevat. Die bejaardes was vreeslik dankbaar en trane van waardering was sigbaar. Twee van die leerders het hul gediggies op gesê en ‘n groot applous ontvang.

Sop-in-‘n-fles-projek: Sopbestandele en flesse is hierdie kwartaal ingesamel. Van die sopflesse was deel van die bederfpakkie vir die ouetebuis. Die res van die sopflesse gaan ons vir Mandeladag aan Prestwich skool skenk.

Ons wil ouers hartlik bedank vir al die glasbottels, sopprodukte en kontantbydraes. Dankie ook aan die ouers wat kom help pak het. Ons waardeer almal se bydrae en ondersteuning!