Hoe om belonings te gebruik / How to use rewards (deur Marike Badenhorst, LS JvR Opvoedkundige sielkundige)

Dit is eksamen en is vir baie ouers en leerders ‘n senutergende tyd. Dikwels voel ouers hul kinders het net daai ekstra bietjie motivering nodig. Dit is nie verkeerd om jou kind te beloon nie, maar dit is belangrik hóé om dit doen. Hier is ‘n paar riglyne:

  1. Wees baie spesifiek en sorg dat kind presies weet hoe om dit te verdien / Be clear about rewards and how to earn them
    Wees spesifiek wanneer jy jou kind wil beloon. In plaas van “ jy kan langer televisie kyk” sê eerder “jy kan ‘n halfuur langer televisie kyk”. Maak ook seker dat jou kind presies weet wat hy/sy moet dóén. In plaas van “maak jou kamer aan die kant”, sê eerder“hang jou klere op, pak jou speelgoed weg en maak jou bed op.”
  2. Prys jou kind se GEDRAG / Praise BEHAVIOUR instead of traits
    Prys en gee erkennig aan jou kind se GEDRAG. Wanneer jou kind goed doen in ‘n vraestel, prys hom vir sy/ haar harde werk eerder as vir haar intelligensie/ hoe slim sy is. Wanneer jou kind begin glo dat hy ‘n toets deurgekom het omdat hy slim/ intelligent is, wat beteken dit dan wanneer jou kind swak presteer? Ook, deur gedrag te prys soos harde werk sal lei tot nóg harde werk, maar iets soos intelligensie is buite jou kind se beheer.
  3. Beloon jou kind gereeld en wees konsekwent /Give rewards regularly and be consistent
    Probeer om nie een groot belonging te gee vir iets waarvoor hulle lank moet wag nie. Hou by kleiner, gereelde belonings. Dit is vir enige kind moeilik om te wag, wat die belonging minder effektief maak. Gereelde belonings sal jou kind gemotiveerd hou.
  4. Moenie ‘n beloning wegneem vir ‘n ander reël wat oortree word nie / Don’t take away earned rewards
    Om ‘n belonging weg te neem wat klaar verdien is, mag jou kind moedeloos maak en laat voel hy sien nooit positiewe resultate vir sy gedrag nie.
  5. “Catch your child doing good”
    Sit jou ooraktiewe kind stil? Maak ‘n punt daarvan dat jou kind weet jy het dit raakgesien, ongeag hoe klein dit ookal is. En: doen dit gereeld, minstens twee tot drie maal ‘n dag. Die beste manier om swak gedrag hok te slaan, is om die teenoorgestelde, goeie gedrag raak te sien en te beloon.
  6. Druk altyd deur / Always follow through
    Indien jy jou ooreenkoms altyd deurvoer, kry jou belonings oor tyd geloofwaardigheid.
  7. Stel bereikbare doelwitte / Set achievable goals
    Indien jou kind glo hy/sy gaan dit in elk geval nie kan bereik nie, hoekom sal hy/sy eers probeer? Die goue reël hier is dat jou kind minstens ‘n “7 uit 10” kans het om sukses te behaal.