Karu was die afgelope ruk by ‘n hele klompie kultuuraktiwiteite betrokke en vaar ongelooflik goed in elkeen wat sy aanpak. Hiermee ‘n bietjie terugvoer:

  • Karu is onlangs in die Cape Town Children’s Choir ingesluit. Hulle oefen op Vrydaemiddae by die Bea Soleil Musiekskool.
  • Sy het ook die wonderlike geleentheid om Vrydag en Saterdag deel te wees van Carmina Burana in die Kaapstadse Stadsaal.
  • Sy geniet haar klarinet al hoe meer en is ook nou deel van die Kaapse Filharmoniese Orkes se ‘Academy Band’. Sy sê die standaard is hoog en die kinders speel al goed – sy moet lekker hard werk. Hul oefen op spesifieke Saterdaeoggende.
  • Sy het verlede week gehoor dat sy suksesvol was met haar twee oudisies en is ingesluit in die rolverdeling van TOSCA wat in September by Kunstekaap op die planke gaan wees. Hulle begin Saterdag oefen en dan ook dwarsdeur die Junie-vakansie.
  • Karu het verlede Saterdag in Worcester aan die Wes-Kaapse streeksfinaal van die Radikale Redenaars-kompetisie deelgeneem. Sy het die Afrikaanse poësie-afdeling en ook die Afrikaanse prosa-afdeling gewen en neem in Oktober in Gauteng aan die nasionale finaal deel.

Baie geluk, Karu! Ons is so trots op jou!