Sien gerus die beskrywing en foto’s hier onder vir ‘n voorbeeld van die leerders se winterdrag (grondslagfase se foto’s sal binnekort gepubliseer word). Volg hierdie skakel vir die die kleredrag webblad op ons webtuiste.  Sweetpakke is in produksieproses.  Hierdie jaar mag leerders nog meer informele skooldrag dra a.g.v. infasering van skooldrag.  Vanaf 2024 sal korrekte skooldrag verpligtend vir almal wees.

Grondslagfase (Gr. 1 – 3)

Dogters

  • Langmou wit en donkerblou hemp
  • Sweetpak (top en broek)
  • Wit sokkies en tekkies OF kaalvoete OF donkerblou plakkies
  • “Soft Shell” baadjie (vir addisionele hitte)

Seuns

  • Langmou wit en donkerblou hemp
  • Sweetpak (top en broek)
  • Wit sokkies en tekkies OF kaalvoete OF donkerblou plakkies
  • “Soft Shell” baadjie (vir addisionele hitte)

Intermediêre en Senior fase (Gr. 4 – 7)

Dogters

  • Langmou wit en donkerblou hemp
  • “Soft Shell” baadjie
  • Geruite rompie / donkerblou rompie OF donkerblou langbroek
  • Swart sykouse OF donkerblou lang sokkies met wit strepies
  • Swart skoolskoene OF donkerblou plakkies OF kaalvoete

Seuns

  • Langmou wit en donkerblou hemp
  • “Soft Shell” baadjie
  • Khaki langbroek OF donkerblou kortbroek
  • Donkerblou lang sokkies met twee wit strepies
  • Swart skoolskoene OF donkerblou plakkies OF kaalvoete