Rugbyuitslae: 31 Mei 2025
Hier volg die week se rugbyuitslae:
WOW-Spelfees 2025
Dit is weer daardie tyd van die jaar waar die Jannies hul goeie spelvermoëns tydens die WOW-Spelfees ten toon kan stel. Leerders (graad 1-7) wat belangstel om deel te neem, sal woordelyste by hul onderwysers ontvang. Die woordelyste is ook hier beskikbaar. Die leerders wat belangstel om deel te neem, word aangemoedig om al deur die woorde te begin gaan. Hierdie leerders sal dan in die eerste week van volgende kwartaal deur hul Afrikaanse onderwysers getoets word en inligting rakende registrasie sal daarna volg. Belangrike datums wat al beskikbaar is (onderhewig aan verandering): Distrikskompetisie: 22 Augustus 2025 Provinsiale rondte: 13 September 2025 Nasionale rondte: 11 Oktober 2025 Vir enige navrae, kontak gerus vir Ilse-Marié Holtzhausen...
Uitneem van boeke
Liewe Ouers Ons wil julle graag laat weet dat ons volgende week 'n voorraadopname van al die boeke in die Mediasentrum gaan doen. Daarom sal leerders van hierdie week af ongelukkig nie meer boeke mag uitneem nie. Leerders is steeds welkom om die Mediasentrum te besoek en boeke daar te lees. Die uitneem van boeke sal weer beskikbaar wees vanaf die begin van die volgende kwartaal. Baie dankie vir julle begrip en samewerking. Vriendelike groete Juf. Marecia van...
Karri stel ‘n kaart vir kinders bekend
Dear Parents
We are very pleased to introduce you to the Karri Card.
A Mastercard for students
The Karri Card is an innovative and secure way for parents to manage their child’s spending. Children get their name on a bank card and parents get peace of mind through transaction information and controls.
Parents can top-up instantly, block lost cards, reset forgotten PINs and receive spending alerts in real time. Students can pay at South African merchants that accept Mastercard – perfect for purchases at school and beyond!
Jan Kas: Vroeër oop tydens eksamen
Jan Kas sal vanaf nou tot die einde van die kwartaal op Dinsdae en Donderdae vroeër oop wees. ???? Dinsdae en Donderdae ???? 12:30 – 13:30
Bella presteer in gimnastiek
Bella Malan (Graad 5) het op Saterdag, 31 Mei, aan die Kaapse Gimnastiek-distrikskompetisie deelgeneem en 'n silwermedalje verower. Sy is ook gekies om die distrikspan te verteenwoordig by die WP-byeenkoms, wat van 26 tot 29 Junie in Saldanha plaasvind. Baie geluk,...
Kaapse Afrikaanse Eisteddfod: Solosang Uitslae
Die musiekleerders het uitsonderlik presteer in die Solosang-afdeling van die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod. Ons is ongelooflik trots op elke leerder wat deelgeneem het. Baie geluk aan almal wat hulself met soveel selfvertroue en grasie voor ’n gehoor en mede-deelnemers gehandhaaf het. Baie, baie geluk aan elkeen van julle – ons is werklik trots! Prestasies: Jean Jacques Rossouw – Hoogste Lof Noa Rademan – Hoogste Lof Christina du Toit – Lof Dirkie van Eeden – Eervolle Vermelding Kitty Partner – Goue Diploma (Onderskeiding) Coreen Scholtz – 3× Goue Diploma (Onderskeiding) Pieter Rademeyer – Hoogste Lof, 2× Lof Alida Loubser – Hoogste Lof Rupert Janse van Rensburg – Goue Diploma (Onderskeiding) Ella van der Walt – Eervolle Vermelding Antjie Samuel – 2× Hoogste Lof, Goue Diploma (Onderskeiding) Abigail Fourie – 2× Hoogste Lof, Goue Diploma (Onderskeiding) Baie dankie aan Mnr. Ben en Mnr. Pieter vir julle uitstekende begeleiding en voorbereiding van die leerders. Ons waardeer opreg julle tyd, toewyding en...
ATKV-Redenaars : Katryn behaal 1ste plek!
Baie geluk aan Katryn Silvis wat ‘n eerste plek in die Wes-Kaap tydens ATKV se semifinale ronde behaal het. Ons is sommer baie trots op jou! Katryn neem die 5de/6de Augustus aan die nasionale finale ronde deel! Ons hou styf duimvas vir jou Katryn, gaan redeneer net soos jy...
Hokkieuitslae: 15 – 24 Mei 2025
Hier volg die week se hokkieuitslae:
Rugbyuitslae: 24 Mei 2025
Hier volg die week se rugbyuitslae:
Netbaluitslae: 23 -24 Mei 2025
Hier volg die week se netbaluitslae:
Puberteit: Pasop! Daar is ‘n tiener in jou huis…
Om met tieners te werk, is ’n spesiale fokus en ingesteldheid nodig.
Puberteit begin nie eers op 13 nie, maar lank reeds voor dit. Dis ’n lang, uitgerekte fase wat met groot sorg aangepak moet word. Die volgende paar weke val die fokus op ons tieners. Trek gerus die bril nader as dit moet!
Kwartaal 2 ISF Musiekkonsert: Donderdag, 19 Junie 2025
Dit is weer tyd vir ’n musiekkonsert! Van ons leerders het die afgelope kwartaal hard gewerk aan hul musiektalente – en wat is beter as ’n konsert om hul musiek saam met hulle te geniet? Ons seniorkoor, strykensemble en marimbagroep tree ook by hierdie geleentheid op. Datum: Donderdagaand, 19 Junie 2025 Tyd: 17:30 Plek: Skoolsaal Ons nooi almal hartlik uit om saam met ons te kom luister na die leerders se mooiste musiek! Wyn sal ook voor die tyd te koop wees. Groete, Rolene van...
Ouergesprek: Johan Smith
Koop gerus 'n kaartjie op Karri teen R50 pp om die ouergesprek op Woensdagaand, 4 Junie, te Hoërskool Jan van Riebeeck in hul skoolsaal by te woon. Johan Smit is die gasspreker en sal oor grense en dissipline gesels.
Vadersdag Geskenkpakkies
Bederf Pa met iets spesiaals hierdie Vadersdag! Koop ’n geskenkpakkie vir net R60 op Karri. Moenie dit misloop nie – wys jou waardering met ’n lekker bederf! ???? Ter ondersteuning van ons gr.7-fondsinsameling.
Belangrike Datums
april 2026
mei 2026
junie 2026
julie 2026
augustus 2026
september 2026
oktober 2026
november 2026
desember 2026
maart 2027