Liewe Ouers
Ons wil julle graag laat weet dat ons volgende week ‘n voorraadopname van al die boeke in die Mediasentrum gaan doen. Daarom sal leerders van hierdie week af ongelukkig nie meer boeke mag uitneem nie.
Leerders is steeds welkom om die Mediasentrum te besoek en boeke daar te lees. Die uitneem van boeke sal weer beskikbaar wees vanaf die begin van die volgende kwartaal.
Baie dankie vir julle begrip en samewerking.
Vriendelike groete
Juf. Marecia van Zyl