Dit is weer daardie tyd van die jaar waar die Jannies hul goeie spelvermoëns tydens die WOW-Spelfees ten toon kan stel. Leerders (graad 1-7) wat belangstel om deel te neem, sal woordelyste by hul onderwysers ontvang. Die woordelyste is ook hier beskikbaar.
Die leerders wat belangstel om deel te neem, word aangemoedig om al deur die woorde te begin gaan. Hierdie leerders sal dan in die eerste week van volgende kwartaal deur hul Afrikaanse onderwysers getoets word en inligting rakende registrasie sal daarna volg.

Belangrike datums wat al beskikbaar is (onderhewig aan verandering):
Distrikskompetisie: 22 Augustus 2025
Provinsiale rondte: 13 September 2025
Nasionale rondte:  11 Oktober 2025
 
Vir enige navrae, kontak gerus vir Ilse-Marié Holtzhausen (ilsemarie@jvrprim.co.za).