Peet Karsten in die Top 10 by Nasionale Horizon Wiskundekompetisie
Met 9 van ons leerders wat uistekend presteer het by die Wes-Kaapse Horizon Wiskundekompetisie, was die reis vir Peet Karsten nog nie verby nie. Hy was uitgenooi verlede Vrydag om die Nasionale Prysuitdeling van die kompetisie by te woon. Meer as 50 000 leerders het landwyd aan die kompetisie deelgeneem. Peet het algeheel 3de in die Wes-Kaap geëindig en geen idee gehad wat sy plek sou wees by die nasionale kompetisie nie. Ons kan met trots aankondig dat Peet algeheel 6de in die land geëindig het. Dit is 'n ongelooflike prestasie! Ons is almal uiters trots op jou Peet, wel...
Woord van die week nr.79
blindevink Definisie: Klein, oopgevlekte stukkie sagte vleis met ‘n vulsel binne-in. Sin: Ek hoop ons eet vanaand blindevinke vir aandete. Wenner: Leah Maritz (Gr.5M)
Liewe Aarde
Baie geluk aan Lumarie Fourie (Graad 5), ons Jannie van die week, wat so getrou herwin het. Geniet die Col'Cacchios R100 geskenkbewys. Hier is die die drie maklikste items wat ons almal kan vervang om minder plastiek te gebruik in plastiek-vrye Julie... en sommer vir ewig!: Plastieksakke: onthou jou eie herbruikbare sakke wanneer jy gaan inkopies doen Plastiekbottels: gebruik jou eie glas of metaal waterbottel Strooitjies: sê nee vir strooitjies, of vra vir...
Kooroptrede
Onthou asb. dat albei kore volgende Donderdag, 1 Augustus om 19:00 by die Hoërskool Jan van Riebeeck se Koorfees deelneem. Alle koorlede moet om 18:00 in netjiese winterdrag by die Hoërskool wees. Kaartjies is teen R50 by die Hoërskool of deur QUICKET te koop.
Bring & Raai Vasvra
Baie dankie aan almal wat Vrydagaand die ‘Bring & Raai Vasvra’ bygewoon het. Dit was ‘n reuse sukses en ons het R30 315.68 ingesamel!Groot dankie aan Karien Zulch en haar helpers wat alles gereël en georganiseer het !Alle verlore goedere is in die kratte langs die Graad 1O trap of breekware in die Snoepie. Gaan haal dit asseblief so gou moontlik af. ‘n Spesiale dank aan mnr. Oosthuizen wat die verwelkoming en geskiedenis hanteer het, mnr. Leon Hanekom vir die opstel van die klank en De Jongh en Zelda Borchardt wat die Quizmeester en Ouditeur was. Die Breinbrekers (onderwysers) wen die geesbeker vir beste kostuums en sportmangees. Die Vasvra-wenners vir 2019: Eerste plek: Watsenaam – Kaptein: Mari Stiemie, Spanlede: Chrisjan Stimie, Ben Strauss, Nicole Strauss, Jaco Fourie, Tash Fourie, Hannes Moore & Theresa Moore. Tweede plek: E=MCHammer – Kaptein Christelle Pansegrouw (wenners van 2018) Derde plek: The ‘A’ Team – Kaptein Charlotte Marais. Sien julle weer in 2020! Vriendelike Groete OOV...
Nuusbrief van 19 Julie 2019
Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 19 Julie 2019 Quiz-aand Vrydag, 19 Julie 2019 Gr.7 Lead4Life Vrydag, 19 Julie 2019 Landloop: Wedloop 8 (Zwaanswyk Academy, 338 Main Rd, Retreat) Saterdag, 20 Julie 2019 Toernooi: Fanie Theron Mini Rugby & Netbal: O/7 - O/9, WEG (Fanie Theron Primary School, Krige St & Bosman St, Kraaifontein) Saterdag, 20 Julie 2019 Skaak: Distrikproewe O/13 gemengde span (Star College, Tarentaal road, Bridgetown) Maandag, 22 Julie 2019 Ischke Felix (Juffrou) verjaar Woensdag, 24 Julie 2019 Rugby: Ligawedstryde vs. Milnerton O/11 - O/13 (TUIS) Woensdag, 24 Julie 2019 Rugby: Ligawedstryde vs. Milnerton O/7 - O/9 (WEG) Woensdag, 24 Julie 2019 Netbal: Liga wedstryde Vrydag, 26 Julie 2019 Toets: Gr.5 & 7 Engels Vrydag, 26 Julie 2019 Toets: Gr.4 & 6 Afrikaans Vrydag, 26 Julie 2019 Landloop: Circuit Champs (Sun Valley Primary School, Brigantine Ave, Sun Valley) Vrydag, 26 Julie 2019 Sivvies Saterdag, 27 Julie 2019 Eisteddfod Blokfluit Saterdag, 27 Julie 2019 Deon Pieterse (Onderwyser) verjaar Maandag, 29 Julie 2019 Beheerraadvergadering Dinsdag, 30 Julie 2019 Hannes Muller (Terreinbestuurder) verjaar Woensdag, 31 Julie 2019 Rugby: Liga vs. Prestwich (Tuis) (Conradieveld) Woensdag, 31 Julie 2019 Liewe Aarde: Herwinning sivvies Woensdag, 31 Julie 2019 Netbal: Liga vs. Edgemead (Weg) (Edgemead Primary School, Denison Way, Edgemead) Donderdag, 1 Augustus 2019 Koorfees @ Hoërskool Jan van Riebeeck Vrydag, 2 Augustus 2019 Landloop: Zonal Champs (The Club House at Claremont Cricket Club, Constantia Sports Complex, Constantia Main Rd, Constantia) Vrydag, 2 Augustus 2019 Toets: Gr.4 - 7 Wiskunde >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Baie welkom aan juf. Benita Smit, ons nuwe grondslagfase...
Rugbywedstryd uitslae van 17 Julie
Die rugbyspanne het ook hierdie week wedstryde teen Curro Century City gespeel, maar hulle het weg gespeel. Dit het baie goed gegaan met al ons spanne. Die uitslae: O/7 A 4 - 0 (wen) vs. Curro Century City O/8 A 8 - 4 (wen) vs. Curro Century City O/9 A 6 - 0 (wen) vs. Curro Century City O/11 A 10 - 10 (gelyk) vs. Curro Century City O/13 A 21 - 0 (wen) vs. Curro Century...
Netbalwedstryd uitslae van 17 Julie
Ons netbalspanne het hierdie week wedstryde teen Curro Century City tuis gespeel en dit het met almal baie goed gegaan. Die uitslae: O/9 A 8 - 3 (wen) vs. Curro Century City O/10 A 22 - 0 (wen) vs. Curro Century City O/11 A 9 - 2 (wen) vs. Curro Century City O/12 A 9 - 4 (wen) vs. Curro Century City O/13 A 26 - 14 (wen) vs. Curro Century...
Mandela-dag
Hierdie Mandela-dag, 18 Julie 2019, het Jan van Riebeeck se leerders ons waarde van "Omgee", ten volle uitgeleef. Ons skool het 'n helpende hand na Prestwich Primary uitgereik, deur hul voedingskema se voorraad aan te vul. Prestwich het 'n baie groot groep leerders, wat hul enigste ete van die dag by die skool ontvang. Elke graad het gepoog om 67 van 'n spesifieke item in te samel en te skenk in die plek van hul 67 minute. Ons het verseker ons doelwit bereik. Ons kan met trots sê dat ons Jannies hande gevat het en 'n reuse verskil gemaak het! Prestwich se kombuiskaste is nou propvol en die kosvoorraad behoort hul te dra tot aan die einde van die jaar. Baie dankie vir elkeen se spesiale bydrae!'n Baie groot dankie aan juf Lize-Mari Schultz en Stephanie Le Roux wat die projek geïnisieer en bestuur...
Liewe Aarde
Baie geluk aan Ameli Snyman (Gr.5), ons Jannie van die week, wat so getrou herwin het. Geniet die Col'Cacchios R100 geskenkbewys. Het julle geweet Julie is "Plastiekvrye Julie"? Dit is 'n wêreldwye aksie om miljoene te mobiliseer om nee dankie te sê vir enkelgebruik plastiek. Sluit aan by miljoene wêreldwyd wat nee dankie sê vir enkelgebruik plastiek. Dit is nog betyds om nie net vir Julie nie, maar 'n lewenslange leuse te volg van "verminder, herwin en herbruik". Volg die SKAKEL om aan te...
Trotse Jannie
Naam en van: Dawn Venter Graad: 4vdV Waar bly jy?: Middestad, Kaapstad Gunsteling vak: Ek geniet dit om te sien hoe ‘n saadjie ontkiem en ‘n plant groei, daarom is NW my gunsteling vak. Ek is ‘n trotse Jannie, want ek blink uit in perdry. Ek ry al perd vanaf graad R en ek en Mr Softy, my gunsteling perd, het selfs al...
Jana Brink besoek VSA Balletskool
Jana Brink het tydens die vakansie die American Academy of Ballet se Summer School in New York bygewoon. Sy het 'n beurs ontvang op grond van haar eksamens en die oudisie-optredes wat verlede jaar in die Artscape Teater plaasgevind het. Jana was een van 95 dogters van regoor die wêreld wat elke dag 6 ure lank gefokusde ballet gedoen het, waartydens aandag gegee is aan presiese tegnieke. Dit was 'n wonderlike ervaring vir haar en het nie net uitstaande ondervinding in ballet nie, maar ook 'n kulturele leerskool. Baie geluk Jana en baie dankie aan juffrou Barbara Schreuder wat dit alles moontlik gemaak...
Junior- en seniorkoor
Albei kore tree op Donderdag 1 Augustus om 19:00 by die Hoërskool Jan van Riebeeck se Koorfees op. Kaartjies vir die aand is vanaf 17 Julie teen R50 pp op Quicket of by Hoërskool JvR te koop. Koorlede kry briewe met reëlings. Almal moet om 18:00 by die Hoërskool wees. Netjiese winterskooldrag word gedra. Die Kaapstad Jeugkoor en 3 ander kore tree ook...
Bekerwenners
Alle bekers wat by die prysuitdeling, atletiek en swem gegee is, moet nou terugkom skool toe. Bekers moet soos volg gegraveer word: 1) Prysuitdeling-bekers: 2018 en leerder se noemnaam en van, bv. 2018 Jan du Toit 2) Atletiek-bekers: 2019 (l.w. NIE 2018 NIE!) en leerder se noemnaam en van, bv. 2019 Jan du Toit 3) Swem-bekers: 2019 en die leerder se noemnaam en van, bv. 2019 Jan du Toit • Ouers is verantwoordelik vir gravering en graveringskoste. • Gravering kan by Premier Shoes, Kloofstraat 155 gedoen word. Alle bekers moet terug in die biblioteek wees (nie by klasonderwyser of sekretaresse nie, asb.) teen Donderdag, 15 Augustus. NAVRAE:...
Landloopuitslae van 12 Julie
Verskeie landloopatlete het Vrydag, 12 Julie, aan hierdie kwartaal se eerste wedloop deelgeneem. Al het ons die inligting baie laat ontvang, het ons kinders steeds goed gedoen. Die uitslae: o/7 *Nils le Roux- 3de; Samuel Groenewald - 32ste; Nicolas Marais- 35ste o/8 Jana Olivier- 14de; Lili Ann Blomerus - 15de o/9 Samuel Wolff - 39ste o/11 Leah Maritz - 15de o/12 Scarlett van der Merwe -...
Belangrike Datums
augustus 2026