Jana Brink het tydens die vakansie die American Academy of Ballet se Summer School in New York bygewoon. Sy het ‘n beurs ontvang op grond van haar eksamens en die oudisie-optredes wat verlede jaar in die Artscape Teater plaasgevind het.

Jana was een van 95 dogters van regoor die wêreld wat elke dag 6 ure lank gefokusde ballet gedoen het, waartydens aandag gegee is aan presiese tegnieke. Dit was ‘n wonderlike ervaring vir haar en het nie net uitstaande ondervinding in ballet nie, maar ook ‘n kulturele leerskool. Baie geluk Jana en baie dankie aan juffrou Barbara Schreuder wat dit alles moontlik gemaak het!!