Hierdie Mandela-dag, 18 Julie 2019, het Jan van Riebeeck se leerders ons waarde van “Omgee”, ten volle uitgeleef. Ons skool het ‘n helpende hand na Prestwich Primary uitgereik, deur hul voedingskema se voorraad aan te vul. Prestwich het ‘n baie groot groep leerders, wat hul enigste ete van die dag by die skool ontvang. Elke graad het gepoog om 67 van ‘n spesifieke item in te samel en te skenk in die plek van hul 67 minute. Ons het verseker ons doelwit bereik.

Ons kan met trots sê dat ons Jannies hande gevat het en ‘n reuse verskil gemaak het! Prestwich se kombuiskaste is nou propvol en die kosvoorraad behoort hul te dra tot aan die einde van die jaar. Baie dankie vir elkeen se spesiale bydrae!’n Baie groot dankie aan juf Lize-Mari Schultz en Stephanie Le Roux wat die projek geïnisieer en bestuur het.