Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 19 Julie 2019 Quiz-aand

Vrydag, 19 Julie 2019 Gr.7 Lead4Life

Vrydag, 19 Julie 2019 Landloop: Wedloop 8 (Zwaanswyk Academy, 338 Main Rd, Retreat)

Saterdag, 20 Julie 2019 Toernooi: Fanie Theron Mini Rugby & Netbal: O/7 – O/9, WEG (Fanie Theron Primary School, Krige St & Bosman St, Kraaifontein)

Saterdag, 20 Julie 2019 Skaak: Distrikproewe O/13 gemengde span (Star College, Tarentaal road, Bridgetown)

Maandag, 22 Julie 2019 Ischke Felix (Juffrou) verjaar

Woensdag, 24 Julie 2019 Rugby: Ligawedstryde vs. Milnerton O/11 – O/13 (TUIS)

Woensdag, 24 Julie 2019 Rugby: Ligawedstryde vs. Milnerton O/7 – O/9 (WEG)

Woensdag, 24 Julie 2019 Netbal: Liga wedstryde

Vrydag, 26 Julie 2019 Toets: Gr.5 & 7 Engels

Vrydag, 26 Julie 2019 Toets: Gr.4 & 6 Afrikaans

Vrydag, 26 Julie 2019 Landloop: Circuit Champs (Sun Valley Primary School, Brigantine Ave, Sun Valley)

Vrydag, 26 Julie 2019 Sivvies

Saterdag, 27 Julie 2019 Eisteddfod Blokfluit

Saterdag, 27 Julie 2019 Deon Pieterse (Onderwyser) verjaar

Maandag, 29 Julie 2019 Beheerraadvergadering

Dinsdag, 30 Julie 2019 Hannes Muller (Terreinbestuurder) verjaar

Woensdag, 31 Julie 2019 Rugby: Liga vs. Prestwich (Tuis) (Conradieveld)

Woensdag, 31 Julie 2019 Liewe Aarde: Herwinning sivvies

Woensdag, 31 Julie 2019 Netbal: Liga vs. Edgemead (Weg) (Edgemead Primary School, Denison Way, Edgemead)

Donderdag, 1 Augustus 2019 Koorfees @ Hoërskool Jan van Riebeeck

Vrydag, 2 Augustus 2019 Landloop: Zonal Champs (The Club House at Claremont Cricket Club, Constantia Sports Complex, Constantia Main Rd, Constantia)

Vrydag, 2 Augustus 2019 Toets: Gr.4 – 7 Wiskunde

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Baie welkom aan juf. Benita Smit, ons nuwe grondslagfase departementshoof (gr. R – 3) en ook gr. 3 onderwyseres.

Baie welkom ook aan juf. Bernice Kruger, wat in juf. Melissa Smook se plek is. Ons is seker dat hulle baie gou sal aanpas en baie gelukkig sal wees by ons!

Nuwe skoolhoof:

Die beheerliggaam se benoemingskomitee is tans druk besig met die aanstelling van ‘n nuwe skoolhoof. Daar sal eerskomende Dinsdag, 23 Julie, onderhoude gevoer word met die top vyf kandidate. Daarna is daar nog ‘n proses wat gevolg moet word deur psigometriese toetse wat afgelê word en die finale aanstelling word deur die departement van onderwys gedoen wat ongelukkig nie ‘n vinnige proses is nie. Ons is egter vol vertroue dat die nuwe persoon op 13 Januarie 2020 by ons sal begin.

Leerders se klere, skoene, ens.:

Ouers moet asb. seker maak dat hulle kind/ers se klere, skoene, sportsakke, ens. duidelik gemerk is. Maak ook asb. seker dat hy/sy nie iemand anders se eiendom huis toe bring nie en indien daar wel sulke gevalle is, stuur dit asb. terug skool toe.

---

NUUTSTE NUUS

Junior- en seniorkoor

Albei kore tree op Donderdag 1 Augustus om 19:00 by die Hoërskool Jan van Riebeeck se Koorfees op. Kaartjies vir die aand is vanaf 17 Julie teen R50 pp op Quicket of by Hoërskool JvR te koop.

Koorlede kry briewe met reëlings. Almal moet om 18:00 by die Hoërskool wees. Netjiese winterskooldrag word gedra. Die Kaapstad Jeugkoor en 3 ander kore tree ook op.

Bekerwenners

Alle bekers wat by die prysuitdeling, atletiek en swem gegee is, moet nou terugkom skool toe.

Bekers moet soos volg gegraveer word:

1) Prysuitdeling-bekers: 2018 en leerder se noemnaam en van, bv. 2018 Jan du Toit

2) Atletiek-bekers: 2019 (l.w. NIE 2018 NIE!) en leerder se noemnaam en van, bv. 2019 Jan du Toit

3) Swem-bekers: 2019 en die leerder se noemnaam en van, bv. 2019 Jan du Toit



• Ouers is verantwoordelik vir gravering en graveringskoste.

• Gravering kan by Premier Shoes, Kloofstraat 155 gedoen word.



Alle bekers moet terug in die biblioteek wees (nie by klasonderwyser of sekretaresse nie, asb.) teen Donderdag, 15 Augustus.

NAVRAE: magriet@jvrprim.co.za

---

VERDERE NUUS

ALGEMEEN

Hierdie Mandela-dag, 18 Julie 2019, het Jan van Riebeeck se leerders ons waarde van “Omgee”, ten volle uitgeleef. Ons skool het ‘n helpende hand na Prestwich Primary uitgereik, deur hul voedingskema se voorraad aan te vul. Prestwich het ‘n baie groot groep leerders, wat hul enigste ete van die dag by die skool ontvang. Elke graad het gepoog om 67 van ‘n spesifieke item in te samel en te skenk in die plek van hul 67 minute. Ons het verseker ons doelwit bereik.

Ons kan met trots sê dat ons Jannies hande gevat het en ‘n reuse verskil gemaak het! Prestwich se kombuiskaste is nou propvol en die kosvoorraad behoort hul te dra tot aan die einde van die jaar. Baie dankie vir elkeen se spesiale bydrae!’n Baie groot dankie aan juf Lize-Mari Schultz en Stephanie Le Roux wat die projek geïnisieer en bestuur het.

Baie geluk aan Ameli Snyman (Gr.5), ons Jannie van die week, wat so getrou herwin het. Geniet die Col’Cacchios R100 geskenkbewys.

Het julle geweet Julie is “Plastiekvrye Julie”? Dit is ‘n wêreldwye aksie om miljoene te mobiliseer om nee dankie te sê vir enkelgebruik plastiek. Sluit aan by miljoene wêreldwyd wat nee dankie sê vir enkelgebruik plastiek. Dit is nog betyds om nie net vir Julie nie, maar ‘n lewenslange leuse te volg van “verminder, herwin en herbruik”. Volg die SKAKEL om aan te sluit!

Naam en van: Dawn Venter

Graad: 4vdV

Waar bly jy?: Middestad, Kaapstad

Gunsteling vak: Ek geniet dit om te sien hoe ‘n saadjie ontkiem en ‘n plant groei, daarom is NW my gunsteling vak.

Ek is ‘n trotse Jannie, want ek blink uit in perdry. Ek ry al perd vanaf graad R en ek en Mr Softy, my gunsteling perd, het selfs al gespring!

AKADEMIE

isiXhosa: week 11

Vanjaar mik ons dat alle Jannies (en ouers wat wil) 100 isiXhosa woorde leer! Kliek HIER om die vorige weke se woorde te sien. Hier is hierdie week se woorde:

---

KULTUUR

Jana Brink besoek VSA Balletskool

Jana Brink het tydens die vakansie die American Academy of Ballet se Summer School in New York bygewoon. Sy het ‘n beurs ontvang op grond van haar eksamens en die oudisie-optredes wat verlede jaar in die Artscape Teater plaasgevind het.

Jana was een van 95 dogters van regoor die wêreld wat elke dag 6 ure lank gefokusde ballet gedoen het, waartydens aandag gegee is aan presiese tegnieke. Dit was ‘n wonderlike ervaring vir haar en het nie net uitstaande ondervinding in ballet nie, maar ook ‘n kulturele leerskool. Baie geluk Jana en baie dankie aan juffrou Barbara Schreuder wat dit alles moontlik gemaak het!!

SPORT

Netbalwedstryd uitslae van 17 Julie

Ons netbalspanne het hierdie week wedstryde teen Curro Century City tuis gespeel en dit het met almal baie goed gegaan.

Die uitslae:

O/9 A 8 – 3 (wen) vs. Curro Century City

O/10 A 22 – 0 (wen) vs. Curro Century City

O/11 A 9 – 2 (wen) vs. Curro Century City

O/12 A 9 – 4 (wen) vs. Curro Century City

O/13 A 26 – 14 (wen) vs. Curro Century City

Rugbywedstryd uitslae van 17 Julie

Die rugbyspanne het ook hierdie week wedstryde teen Curro Century City gespeel, maar hulle het weg gespeel. Dit het baie goed gegaan met al ons spanne.

Die uitslae:

O/7 A 4 – 0 (wen) vs. Curro Century City

O/8 A 8 – 4 (wen) vs. Curro Century City

O/9 A 6 – 0 (wen) vs. Curro Century City

O/11 A 10 – 10 (gelyk) vs. Curro Century City

O/13 A 21 – 0 (wen) vs. Curro Century City

Landloopuitslae van 12 Julie

Verskeie landloopatlete het Vrydag, 12 Julie, aan hierdie kwartaal se eerste wedloop deelgeneem. Al het ons die inligting baie laat ontvang, het ons kinders steeds goed gedoen.

Die uitslae:

o/7 *Nils le Roux- 3de; Samuel Groenewald – 32ste; Nicolas Marais- 35ste

o/8 Jana Olivier- 14de; Lili Ann Blomerus – 15de

o/9 Samuel Wolff – 39ste

o/11 Leah Maritz – 15de

o/12 Scarlett van der Merwe – 5de

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

“There is no greater gift you can give or receive than to honor your calling. It’s why you were born. And how you become most truly alive.”

– Oprah Winfrey

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209