Met 9 van ons leerders wat uistekend presteer het by die Wes-Kaapse Horizon Wiskundekompetisie, was die reis vir Peet Karsten nog nie verby nie. Hy was uitgenooi verlede Vrydag om die Nasionale Prysuitdeling van die kompetisie by te woon.
Meer as 50 000 leerders het landwyd aan die kompetisie deelgeneem. Peet het algeheel 3de in die Wes-Kaap geëindig en geen idee gehad wat sy plek sou wees by die nasionale kompetisie nie. Ons kan met trots aankondig dat Peet algeheel 6de in die land geëindig het. Dit is ‘n ongelooflike prestasie! Ons is almal uiters trots op jou Peet, wel gedaan!