Uit die hoof se kantoor

Liewe ouers, leerders en personeel A. Terug skool toe! 1. Ons hoop al ons leerders geniet hierdie week om lekker te ontspan en uit te rus! Ons sien ook baie uit om Maandag al ons graad 7's te verwelkom. 2. Ons weet ongelukkig steeds nie wanneer die res van die leerders, insluitend Huppelland, kan terugkom nie. Ons is deurentyds in kommunikasie met die Departement van Onderwys en sal julle in kennis stel sodra dit bevestig word. Voorlopige aanduidings is dat ons teen middel Junie duidelikheid behoort te kry. 3. Kliek hier vir belangrike inligting vir ons graad 7 leerders en ouers. Die res van julle kan dit solank deurgaan en julle kinders begin voorberei. Ons sal ook vir julle 'n video aanstuur om te wys wat die prosedure is wanneer leerders by die skool aankom. Ons skool se uitvoerende span het bitter hard gewerk om alles in plek te kry en ons sê vir hulle baie dankie. Dit is vir ons almal onbekend en ons leer soos wat ons aangaan, so wees asseblief geduldig. 4. Daar sal geen buitemuurs plaasvind vir die afsienbare toekoms nie. 5. Nasorg: Daar sal nie eerskomende Maandag nasorg wees vir enige leerders nie. Daar sal in volgende week 'n besluit geneem word aangaande verdere nasorg. B. Volgehoue aanlyn-studies 1. Die res van ons grade gaan voort met ons uitstekende afstandonderrigprogram vanaf Maandag. Wees gerus dat ons goed op koers is om die 2de kwartaal se kurrikulum binne die normale tydperk te voltooi. ‘n Pluimpie vir ons onderwysers en bestuurspan! 2. Waar daar graad 7’s is wat vir mediese of verwante redes nie vanaf Maandag...

Jannies omgee-projek

Laerskool Jan van Riebeeck en Huppelland is ‘n gemeenskap wat omgee. Met die afskop van aanlynonderrig het die skool finansieel voorsiening gemaak vir data sodat alle leerders gelyke toegang tot hulpbronne het. Ons wil verseker geen leerders, ongeag hul omstandighede, se akademie ly daaronder nie. Die Covid19-pandemie het egter veroorsaak dat van ons ouers en voogde, sonder enige waarskuwing, hul inkomste verloor het. Ons het koppe bymekaar gesit en besluit om ‘n volhoubare plan saam te stel sodat gesinne wat hulp kort, twee-weekliks ‘n ruim kosskenking via die skool kry. Die skenking is vir vier gesinslede met gesonde kos en resepvoorstelle. Ons loods die projek in samewerking met die Alive Foundation: ‘n onafhanklike nie-winsgewende organisasie met hope ervaring. Die stigterslid van die Alive Foundation is Stephanie le Roux, ook ‘n ouer in ons midde, wat reeds ‘n pad saam met ons stap en al vir jare omgeewerk in ons gemeenskap doen. Enige ouers wat produkte vir die kospakkies wil skenk of enige ander items wat van nut kan wees, kan Stephanie le Roux direk kontak by 083 261 8961. Ouers wat eerder donasies wil maak, kan dit direk in Alive Foundation se rekening betaal: ALIVE FOUNDATION, FNB, takkode: 250 655, Rekeningnommer: 62357447541 (tjekrekening) Marietjie de Kock (remediërende onderwys) bestuur welwillendheid op die personeel as jy met haar wil kontak maak. Sy werk nou saam met die Alive Foundation. Marietjie se e-pos-adres is marietjie@jvrprim.co.za. Dankie aan almal wat bereid is om te help. Die...

Afweek vir leerders: 25 – 29 Mei

Beste Ouer(s)/Voog(de) Ons vermoed dat die skool eers teen die einde van Julie gaan sluit en die vakansie slegs ‘n week gaan wees. Ons het die normale kurrikulum gevolg en danksy ons goeie afstand-onderrig program is ons presies waar ons moet wees. Daarom het ons besluit dat ons leerders ‘n blaaskans verdien voor die eerste graad (Gr.7’s) terugkeer skool toe op Maandag, 1 Junie. Die leerders van Huppelland en die Laerskool gaan gevolglik volgende week (25 - 29 Mei) geen werk ontvang nie. Gebruik dus hierdie tydjie om lekker uit te rus! Ons weet ongelukkig steeds nie wanneer die res van die leerders moet terugkeer skool toe...

Terugvoer oor vraelys wat leerders ingevul het

Beste Ouer(s)/Voog(de) Baie dankie aan al ons leerders en ouers wat verlede week die vraelys oor afstand-onderrig ingevul het. Die vorm is deur 93 Gr.1-3 leerders en 170 Gr.4-7 leerders voltooi. Sommige huisgesinne kon slegs een vorm voltooi. Daar was enkele versoeke dat alle klasse op Zoom aangebied moet word. As jy gaan kyk na die toegang tot toestelle en data in ons skoolgemeenskap, is dit prakties onmoontlik. Ons is oortuig dat ons huidige program perfek is vir ‘n laerskool. Die onderwysers gaan wel poog om binnekort ‘n weeklikse sosiale- en motiveringsvergadering met hul registerklasse te hou. Ons is ‘n Google-skool en gaan Google Meet gebruik aangesien dit die veiligste platform vir kinders is. Die terugvoer in die kommentaar-afdeling was geweldig positief. Dit is duidelik dat ons leerders hulle maats, onderwysers en skool mis en baie dankbaar is vir die moeite wat die onderwysers doen. Die data word verder in graadverband verwerk en aanpassings sal gemaak word waar nodig. Dankie vir julle volgehoue ondersteuning! Vind aangeheg ‘n opsomming van die data wat ons versamel het. [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Vraelys-terugvoer.pdf" title="Vraelys...

Uit die hoof se kantoor

Liewe Ouers Ek is seker almal byt nog vas en hou nog by, wat die skoolwerk betref!? Ek het so gehoop dat ek teen hierdie tyd vir julle kan sê hoe die res van die skooljaar gaan lyk, maar ongelukkig is dit nie die geval nie. Volgens vandag se Die Burger behoort ons teen Donderdagaand of Vrydagoggend 'n redelike aanduiding te kry... so ongelukkig weet ons nog net wanneer die Gr.7's gaan begin, nl. 1 Junie, maar ons weet steeds nie wanneer die res van ons leerders die skool moet bywoon nie. Ons weet ook nie hoe die skoolkwartale vir die res van die jaar gaan lyk nie. Daar was voorstelle van ouers wat gevra het dat ons die grondslagfase (Gr.1 tot 3) ook saam met die Gr.7's moet laat begin, maar omdat ons nie 'n privaatskool is nie, mag ons dit nie doen nie. Ons het wel die versekering van ons direkteur gekry dat die leerders nie aan die einde van die jaar oor 100% van die werk geassesseer en getoets sal word nie. Intussen het daar ook 'n paar personeelskuiwe plaasgevind. Juf. Lize-Mari Schultz (nou Van der Bank!) het 'n grondslagfase departementshoofpos by Laerskool Vredekloof, waar haar man skoolhou, gekry en sy het reeds by hulle begin. Juf. Maricqe Roos, wat reeds by die Gr.3's betrokke is, sal in haar plek waarneem tot die einde van die jaar. Juf. Anja Naute sal dan weer in juf. Maricqe se plek verantwoordelik wees vir die kodering van Gr.1 tot 3 asook assistent juffrou vir die grondslagfase in die tye wat sy nie die kodering aanbied nie. Ongelukkig gaan ons...

Belangrike inligting

Liewe ouers, leerders en personeel Inperkingstydperk, afstandleer en kurrikulum Ons hoop almal is nog gesond en positief in hierdie onseker en vreemde tyd. Ons wil vir julle opreg dankie sê vir die oorweldigende positiewe bydraes en samewerking. Ons personeel is vasbeslote om te sorg dat leerders nie agter raak akademies nie. Ons besef dis vir sommige huisgesinne baie moeilik, veral as albei ouers werk en dalk alreeds terug is by die werkplek. Ons is ook deeglik bewus daarvan dat nie almal oor die infrastruktuur (data en WIFI) beskik wat afstandleer vereis nie. Ons kan julle egter die versekering gee dat ons gemotiveerde personeel alles in hulle vermoë doen om alle leerders te bereik en by te staan. (Die skool het ook begroot om sulke leerders by te staan sodat almal deel kan wees van afstandleer.) Almal, leerders sowel as ouers, is enige tyd welkom om enige onderwyser te skakel of te e-pos indien julle hulp verlang. Ek self is ook 24 uur van die dag op my selfoon of e-pos beskikbaar. Ook belangrik: Ons sal ook wanneer die skole weer heropen, seker maak alle kinders is akademies op koers. Ons sal hersiening doen van alle langafstand-werk en fokus op take en opdragte wat gedurende hierdie inperkingstyd veronderstel was om gedoen te word. Ons sal vasstel wie het agter geraak en dan ekstra aandag allokeer om te verseker dat almal op standaard is. Moet dus nie wakker lê oor jou kind se akademie nie! Ons staan reg. Heropening van die skool Ongelukkig kan ons nie op hierdie stadium sê hoe die res van hierdie skooljaar gaan lyk nie. Ons weet...

Brief van Lucia de Jager

Beste Ouer(s)/Voog(de) Al die onderwysers is dit eens dat ons veel eerder ons leerders in die oë sal wil kyk in plaas van afstand-onderrig toepas. Tog het ons die beste gemaak van ‘n vreemde situasie en ons glo dat ons op die regte pad is. Ons wil jul graag gerus stel indien jul bekommerd is oor jul kind se akademiese vordering. Ons bekwame span sal hard daaraan werk om agterstande te oorbrug, sodra ons terug is by die skool. Solank jou kind elke dag lees en skryf (albei tale) en byhou by sy/haar Wiskunde, kan die res maklik opgevang word. Ons kry daagliks versoeke en voorstelle en maak steeds aanpassings waar nodig. Ons lys graag die uitdagings wat ons oorkom het: Huishoudings sonder ‘n geskikte toestel kon tydens die vakansieweek ‘n Chrome Book by die skool kom uitneem. Die Grondslagfaseleerders se ouers kon ook daardie dag die gepaste leermateriaal, om in die plek van handboeke te gebruik kom afhaal en dit is ook elektronies beskikbaar. Voorsiening is gemaak om behoeftige leerders met data te voorsien. Ons knap IT-span het 99% van ons kinders op Google Classroom gekry. Die res word deur Whatsapp of e-pos bereik. Die grondslag- en seniorfase het inderhaas ‘n volhoubare program geskep. Terwyl daar gestreef word na eenvormigheid, word ontwikkelingsfases in ag geneem. Die onderwysers het binne ‘n rekordtyd hul IT-vaardighede opgeskerp en werk hard daaraan om dit daagliks te verbeter om sodoende ouers se las ligter te maak. Ons neem in ag dat sommige ouers steeds werk. In sommige gesinne werk albei ouers wat dit sekerlik nie maklik kan maak nie! Ons poog om meer...

Brief van die Beheerraad

Beste ouers en voogde Aangesien alle kommunikasie met die Corona-amok langafstand is, gaan die beheerraad voortaan na elke maandelikse ontmoeting vir julle terugvoer stuur. Ons verlang na die skoolgemeenskap en hoop dit gaan onder omstandighede met julle goed. Na President Cyril Ramaphosa se aankondiging gisteraand, is daar nog geen duidelikheid rondom die terugkeer na skole nie. Ons sal julle uiteraard op hoogte hou oor ons reaksie op die nuwe reëls sodra ons meer duidelikheid het. In die tussentyd, staan ons reg vir nog ’n geruime tyd van toe skole. Hier is terugvoer op ’n paar kern-aspekte: Afstandonderrig Hoewel die Coronavirus amok saai regoor die wêreld, is daar nog heelwat dinge om voor dankbaar te wees. En een daarvan is ons Jan van Riebeeck-personeel. Ons is uiters trots op hul aanpasbaarheid die laaste paar weke en dankbaar dat ons skool voor in die koor is wat afstandonderrig betref. Natuurlik is die stelsel nie sonder sy foute nie en daar word nog daagliks aanpassings gemaak om dit so effektief as moontlik te maak. Hoewel die werk verpligtend is wat die skool uitstuur, moenie die kinders te veel druk nie. Ons onderwysers is heeltemal bewus van die proses se tekortkominge en sal sorg dat alle leerders weer op koers kom na die inperkings – al verg dit buitengewone reëlings. Die sisteem is juis so gekies om data-vriendelik te wees (in ag genome nie almal het onbeperkte WIFI nie) en om aanpasbaar te wees in verskillende huishoudings ter wille van ouers se eie verpligtinge en toegang tot tegnologie. Sou jy enigsins bekommernisse of probleme hê met die huidige sisteem, deel asseblief jou gedagtes...

Paspoortprojek

As jy deelneem aan die Paspoortprojek, kan jy hierdie organisasie help vir 'n merk in jou paspoort:

Netbaloefeninge tydens inperking

Weens omstandighede, kan ons nie nou oefen nie, maar hier is voorstelle vir die wat belangstel. Kliek op die foto vir 'n video wat die advertensie verder verduidelik. Gaan loer gerus op YouTube vir nog oefeninge en maniere om fiks te bly. Baie sterkte en bly fiks!

Afstandonderrig inligting

Beste Ouer(s) en Voog(de) 27 Maart 2020 Soos per die skrywe van Dinsdag, gaan afstandonderrig vir Laerskool Jan van Riebeeck se leerders vanaf 6 April plaasvind via die Google Classroom-platform. Dit is nie opsioneel nie, dit word van alle ouers en leerders verwag om saam te werk. Hiersonder sal jou kind akademies te ver agter raak. Die proses is ook vir die onderwysers ’n leerkurwe en ons vra julle geduld en ondersteuning in hierdie onbekende tydperk. Ons sal seker maak die plan werk so goed moontlik en aanpas waar nodig. Hier is jou volledige gids: A. WAT EN WANNEER Hier is die tydlyn vir die volgende tydperk. 18 tot 30 Maart: Vakansie 31 Maart tot 3 April: Leerders werk aan die opdragte wat reeds per e-pos of hand gegee is deur onderwysers. Van die opdragte bv. die boekverslae gaan langer neem en hoef nie teen 6 April voltooi te wees nie. Indien daar enige vrae oor die werk is, kan ‘n e-pos aan die betrokke onderwyser gestuur word of ‘n vraag kan op Google Classroom gevra word. Die onderwysers sal binne 24 uur jou/jou kind se vraag beantwoord. Leerders moet asb. teen 1 April inteken op Google Classroom. Vanaf 6 April tot die skool weer fisies begin: Afstandonderrig via Google Classroom. Die kurrikulum gaan so normaal moontlik voort. ’n Spesiale rooster gaan opgestel word aangesien die hele graadgroep elke dag dieselfde werk moet voltooi. B. PLATFORM en HOE DIT WERK B1. Google Classroom Video’s, leeswerk of skriftelike verduidelikings van spesifieke vakke (aangebied deur ons eie onderwysers) word daagliks opgelaai, gewoonlik saam met relevante opdragte. Die memorandum(s) sal die volgende...

Akademiese aktiwiteite tydens die vakansie

As gevolg van die onverwagse lang vakansie, het die onderwysers aktiwiteite per e-pos aan ouers uitgestuur (party grade het hardekopieë in rapporte gesit) vir leerders om in die vakansie te doen. Indien jy dit nie ontvang het nie, kontak gerus jou kind se graadhoof of...

Belangrike Datums

augustus 2026

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug00:0023:59EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor