Laerskool Jan van Riebeeck en Huppelland is ‘n gemeenskap wat omgee. Met die afskop van aanlynonderrig het die skool finansieel voorsiening gemaak vir data sodat alle leerders gelyke toegang tot hulpbronne het. Ons wil verseker geen leerders, ongeag hul omstandighede, se akademie ly daaronder nie.

Die Covid19-pandemie het egter veroorsaak dat van ons ouers en voogde, sonder enige waarskuwing, hul inkomste verloor het. Ons het koppe bymekaar gesit en besluit om ‘n volhoubare plan saam te stel sodat gesinne wat hulp kort, twee-weekliks ‘n ruim kosskenking via die skool kry. Die skenking is vir vier gesinslede met gesonde kos en resepvoorstelle.

Ons loods die projek in samewerking met die Alive Foundation: ‘n onafhanklike nie-winsgewende organisasie met hope ervaring. Die stigterslid van die Alive Foundation is Stephanie le Roux, ook ‘n ouer in ons midde, wat reeds ‘n pad saam met ons stap en al vir jare omgeewerk in ons gemeenskap doen.

Enige ouers wat produkte vir die kospakkies wil skenk of enige ander items wat van nut kan wees, kan Stephanie le Roux direk kontak by 083 261 8961. Ouers wat eerder donasies wil maak, kan dit direk in Alive Foundation se rekening betaal:

ALIVE FOUNDATION, FNB, takkode: 250 655, Rekeningnommer: 62357447541 (tjekrekening)

Marietjie de Kock (remediërende onderwys) bestuur welwillendheid op die personeel as jy met haar wil kontak maak. Sy werk nou saam met die Alive Foundation. Marietjie se e-pos-adres is marietjie@jvrprim.co.za.

Dankie aan almal wat bereid is om te help.
Die Beheerraad