Beste Ouer(s)/Voog(de)

Ons vermoed dat die skool eers teen die einde van Julie gaan sluit en die vakansie slegs ‘n week gaan wees. Ons het die normale kurrikulum gevolg en danksy ons goeie afstand-onderrig program is ons presies waar ons moet wees. Daarom het ons besluit dat ons leerders ‘n blaaskans verdien voor die eerste graad (Gr.7’s) terugkeer skool toe op Maandag, 1 Junie.

Die leerders van Huppelland en die Laerskool gaan gevolglik volgende week (25 – 29 Mei) geen werk ontvang nie. Gebruik dus hierdie tydjie om lekker uit te rus! Ons weet ongelukkig steeds nie wanneer die res van die leerders moet terugkeer skool toe nie.