Beste Ouer(s)/Voog(de)

Baie dankie aan al ons leerders en ouers wat verlede week die vraelys oor afstand-onderrig ingevul het. Die vorm is deur 93 Gr.1-3 leerders en 170 Gr.4-7 leerders voltooi. Sommige huisgesinne kon slegs een vorm voltooi.

Daar was enkele versoeke dat alle klasse op Zoom aangebied moet word. As jy gaan kyk na die toegang tot toestelle en data in ons skoolgemeenskap, is dit prakties onmoontlik. Ons is oortuig dat ons huidige program perfek is vir ‘n laerskool. Die onderwysers gaan wel poog om binnekort ‘n weeklikse sosiale- en motiveringsvergadering met hul registerklasse te hou. Ons is ‘n Google-skool en gaan Google Meet gebruik aangesien dit die veiligste platform vir kinders is.

Die terugvoer in die kommentaar-afdeling was geweldig positief. Dit is duidelik dat ons leerders hulle maats, onderwysers en skool mis en baie dankbaar is vir die moeite wat die onderwysers doen. Die data word verder in graadverband verwerk en aanpassings sal gemaak word waar nodig. Dankie vir julle volgehoue ondersteuning!

Vind aangeheg ‘n opsomming van die data wat ons versamel het.
Vraelys terugvoer