Gr.2-7 Afhaal van boeke en leermateriaal: Dinsdag, 2 Feb.

Hartlik welkom by ‘n vreemde begin van nog ‘n vreemde jaar. Hier by Laerskool Jan van Riebeeck poog ons om deurentyd ons leerders gemotiveerd te hou en daarom wil ons die jaar so normaal moontlik begin. Meneer Beets se algemene brief het genoem dat materiaal volgende week by die skool afgehaal kan word. Hier volg meer inligting: Gr.2-7 Afhaal van boeke en leermateriaal: Dinsdag, 2 Februarie 2021 Siftingstasies: Alle leerders/ouers moet die Nuwe Kerkstraat-ingang gebruik en gesif word indien voertuie verlaat word. Gr.2 & 3: Leerders/ouers ontvang leermateriaal by die tafels op die gegewe tye soos aangedui in die e-posse wat ouers reeds op 26 Januarie ontvang het. Sifting is nie noodsaaklik nie aangesien ouers en leerders in hul motors bly. Indien ‘n ouer ‘n Chromebook in die rekenaarlokaal moet afhaal, moet hy/sy gesif word by die tafel onder die skadunet. Gr.4 - 7: Onder skadunet voor tennisbaan. Hierdie leerders gaan haal hul materiaal in hul registerklasse af en moet dus gesif word. Tydgleuwe: Tref asb. ‘n reëling met jou kind se registeronderwyser indien die tydgleuf julle nie pas nie. By gr.4-7 word slegs een leerder/ouer toegelaat om die materiaal af te haal in die registerklasse. Dit sal ideaal wees indien die leerder self sy/haar materiaal kan afhaal en sy/haar onderwyser kan ontmoet. Hierdie persoonlike kontak sal help met motivering en rustigheid. Die dra van ‘n masker is noodsaaklik! Blouspan: 09:00 - 11:00 Oranjespan: 11:00 - 13:00 Leermateriaal: Leermateriaal wat afgehaal word, verskil van die fase waarin die leerder is. Handboeke, werkboeke, huiswerkboekies, voorblaaie, taakkaarte, ens. kan te wagte wees met die afhaal van hierdie onderskeie materiaal in die...

Belangrike inligting: Opening van skole 2021

Niemand sou kon voorspel dat ons 2021 op so ‘n vreemde noot sou begin nie. My wens is dat die pandemie so spoedig moontlik onder beheer sal kom en dat ons land en skoolgemeenskap kan terugkeer na ‘n nuwe normaal. Graag deel ek die volgende inligting: 1. Ons het solank as moontlik kans gegee om formele direktiewe van WKOD rakende die opening van skole op 15 Februarie 2021 te ontvang, maar tot op hede het ons nog geen verdere inligting ontvang nie. 2. Skoolbestuurspan (EXCO) en administratiewe personeel keer op Maandag, 25 Januarie 2021, terug. 3. Opvoeders keer op Maandag, 1 Februarie 2021, terug. 4. Leerders keer op Maandag, 15 Februarie, terug 2021. Die volgende inligting het ons nog nie ontvang nie: 1. Of die skool met 100% leerderkapasiteit mag open. 2. Ons het nog geen uitklaring rakende die opening van nasorgfasiliteite ontvang nie. 3. Die situasie rakende die bestuur van komorbiteite van personeel en leerders. Die stimulering van ons leerders is van kardinale belang, daarom is ons plan van aksie as volg: 1. Ons vakansiesorgdiens wat in die Lizelle Kilbourne Nasorgsentrum aangebied word, word tot Vrydag, 12 Februarie 2021, verleng. Indien jy belangstel, kontak me. Madri Greyling (nasorg@jvrprim.co.za); 2. Aanlynonderrig d.m.v. ‘’Google Classrooms’’ begin op Woensdag, 3 Februarie – 12 Februarie 2021. Om seker te maak dat die leerders en opvoeders slaggereed is, gaan ons die volgende tydlyn volg: • Maandag, 1 Februarie: Onderwysers keer terug skool toe, doen die nodige beplanning en kry materiaal gereed. • Dinsdag, 2 Februarie: Gr.2 - 7 haal boeke en leermateriaal by die skool af. Tydgleuwe en verdere reëlings sal gekommunikeer word....

Klerebank

Klere-items kan steeds aanlyn bestel word. 100 Jaar feesviering-items soos swemhanddoeke en kosblikke met waterbottels is beskikbaar. Individuele reëlings sal getref word met bestellings wat reg is....

Brief van mnr. Naas Beets

Geagte Ouers, En so kom ‘n unieke en uitdagende jaar tot 'n einde ... Die koms van die pandemie het ons lewens totaal omgekeer. Normale leefwyse het skielik verander. Nuwe wetgewings en dra van maskers het die nuwe ‘normaal’ geword. Skoolonderrig en skoolgaan, soos ons dit altyd geken het, het ook drasties verander en ons sal dit lewenslank onthou. Alles was ook nie net negatief nie, gelukkig is daar ook silwer randjies. Van die positiewe dinge wat ons geleer het, is hoe ongelooflik aanpasbaar en kreatief ons as Suid-Afrikaners kan wees. Jan van Riebeeck het puik gevaar om te verseker dat ons leerders kon voortgaan om kwalitiet onderrig en ondersteuning te ontvang tydens die moeilike jaar. Baie geluk aan die Beheerraad en Exco wat met kreatiewe idees vorendag gekom het om effektiewe leer en die veiligheid van die leerders, ouers en personeel ten alle tye te verseker. Baie dankie aan die personeel van die skool en Huppelland vir hul harde werk, toegewydheid en bereidwilligheid om altyd die spreekwoordelike ekstra myl te loop tot voordeel van ons leerders! Laaste maar nie die minste nie, baie dankie aan mev. Marinda Brink wat die afgelope tyd as waarnemende skoolhoof die skool puik bestuur het. Volgende jaar is vir Jan van Riebeeck ‘n besondere jaar – ons gaan die skool se 100ste bestaansjaar vier. Wat ‘n voorreg om as ‘n skoolhoof by ‘n skool te begin wat ‘n nuwe hoofstuk in sy geskiedenis gaan betree en ‘n voortreflike mylpaal bereik. Ek sien voorwaar uit om saam met die skoolgemeenskap ‘n 100 jaar van ‘wees jouself' en die ryk tradisies te vier. Die pandemie...

Afskeidsbrief: Marili Thomson

Vir die skool en sy mense, is ek baie lief en as ‘n mens lief is vir iemand of iets is dit maklik om dinge vir hul te doen. Dit som so te sê my 8 jaar by die Laerskool op. ‘n Plesier om die skoolgemeenskap te dien en ook deel te wees van ‘n ‘familie’ wat vir mekaar omgee. Dankie aan die personeel wat my elke dag laat lag het. Ons het beslis hard saam gewerk en net so hard saam gekuier. Dankie vir wedersydse respek wat deurentyd betoon is. Spesiale dank aan mnr. Oosthuizen wat my vrye teuels gegee het om inisiatief aan die dag te lê en in my vermoëns geglo het van dag een. Dankie aan die Beheerraad en spesifiek tesourier, Cobus Loubser. Jul bron van onuitputbare kundigheid is meer werd as enige formele kwalifikasie. Dankie aan my mede Exco-lede (Marinda, Jodene, Lucia, Benita, Mariëtte en Leon). Saam het ons gegroei en saam het ons mekaar gedra. Finansies word dikwels gesien as ‘n baie vervelige veld. ‘n Wit en Swart wêreld, ‘n debiet en ‘n krediet, ‘n begroting - iets wat beperk. Vir my is finansies ‘n klomp feite wat ‘n wonderlike kleurvolle storie vertel, dikwels wat mense nie wil sê nie. ‘n Begroting, iets wat vryheid gee, om juis dit te kan doen wat regtig saak maak. Laerskool Jan van Riebeeck se finansies het vir my baie verskillende stories oor die jare vertel en dinge uitgewys waarop ons kon verbeter. Die een storie wat dit my wel vertel het, is ‘n storie van ‘n ouerkorps wat omgee en wie lynreg tot die sukses van...

Rose Chikwata afskeidsbrief

First of all I want to thank God for the 21 years he gave me to work at Jan van Riebeeck and always showed me love. It was God's grace and him allowing me to leave is still his grace. I want to thank all teachers and children for loving me. We were like a family and I will always pray for you. "Sometimes God closes doors because it is time to move forward. He knows you won't move unless your circumstances force you. Trust the transition. God's got you....

My gunsteling hoofstuk – Magriet van Zyl

Dit is met ‘n swaar hart dat ek Jan van Riebeeck Dinsdag verlaat. Vir 7 en ‘n half jaar was dit my boekehuis in die skadu van die berg. Uit die vele hoogtepunte is dit moeilik om iets uit te sonder. Maar niks het my soveel genot gegee soos ‘n kind wat kom sê dat hulle ‘n boek baie geniet het nie. Veral as daardie leerling ‘n nie-leser was. Daar was vir my geen goedvoel-oomblik soos om ‘n graad eentjie se gesig te sien straal wanneer hulle besef hulle kan boeke bo hul leesvlak lees of wanneer hulle ‘n prenteboek beetkry wat presies is waarvan hulle hou nie. In my tyd by Jan van Riebeeck het my lewe deur meer as 4 seisoene gegaan. Maar in die rondgooi van die lewe, was die skool my veilige hawe. Met kinderdrukkies en briefies, kollegas wat omgee en ‘n ouergemeenskap wat deernisvol en met passie inspring om hierdie skool ‘n skool van uitnemendheid te maak. Dankie liewe ouers, kollegas en kinders dat ek hier kon leef in my taal. ‘n Stukkie van my hart sal altyd hier bly, waar kind nog kind is en kennis gedy. Tot weersiens, Magriet van Zyl...

Totsiensbriewe

Hierdie kwartaal neem ons afskeid van heelwat personeel wat ons hierdie jaar verlaat. 'n Hele paar van hulle werk al jare by die skool. Met Covid kon ons ongelukkig nie 'n behoorlike afskeid saam met hulle hou nie. Daar gaan nie hierdie kwartaal 'n Suidooster verskyn om vir elkeen 'n afskeidsbrief te plaas nie, maar ons wil wel graag vir elkeen op hierdie platform bedank vir jare lange toegewyde werk. Juf. Marianna Oosthuizen Daar's geen twyfel dat juf. Marianna die tye saam met haar leerders geniet het nie! Daar was genoeg vryheid aan haar leerders gegun om ons leuse, Wees Uself, ten volle uit te leef. Leerders gaan nog vir jare praat van hul gawe graad 1-juffrou, wat altyd mooi lyk en lekker ruik! Op Vrydae is daar altyd klavier gespeel en saam gesing en as 'n mens op daardie oomblik in haar klas ingestap het, kon jy die lekker atmosfeer aanvoel. Sy het jare lank van die grootste geleenthede by die skool met styl en presisie gereël. Geniet elke oomblik van die lekker lang vakansie saam met Meneer Oosthuizen. Mag dit vol interessante reise, mooi aande by die lekker huis in Vredehoek, kuiers by vriende en middae by die Mount Nelson wees! Juf. Magriet van Zyl Juf. Magriet het toegewyd-wees 'n nuwe betekenis gegee. Die moeite wat daar in elke boekbespreking, biblioteeklesse en ekstra erkenning vir leerders gegaan het, is inspirerend. Die gretigheid waarmee die tegnologie-uitdagings aangepak is tydens die grendeltydperk was net so lekker om te beleef! Sy het ook hard gewerk om te help om Die Suidooster elke kwartaal suksesvol, betyds en sonder foute uit te...

Twee leerders vir 2021 WP-tennisspanne gekies

Baie geluk aan Mia Symington (O/12) en Dawid-Wiese Viljoen (O/10) wat beide benoem is vir die 2021 Kaapse Metro (WP) Tennisspanne. Hulle sal hul vol kleure op 'n latere stadium ontvang sodra hulle die onderskeie spanne op die baan verteenwoordig het. Ons wens vir hulle baie sterkte toe met die eerste vriendskaplike wedstryde teen die Kavaliers in...

Weskus Skoolbus

Die Steyntjie is ons eie skoolbus (vernoem na mnr. Steyn, die busbestuurder) en vervoer elke dag kinders vanaf Bloubergstrand, Table View/Parklands en Milnerton skool toe en in die middae weer huis toe met Table View biblioteek as laaste stop. Almal, van Huppellanders tot Gr.7's, ry saam. Daar is nog baie plek in die bus vir volgende jaar. Kontak vir Sebastine 082 5779108 of janniesbus@gmail.com vir meer...

Musiekteorieuitslae

Baie geluk aan ons leerders wat almal 'n onderskeiding gekry het vir hulle Unisa teorie-eksamens. Ons is baie trots op julle. Katrien Stimie Gr 3 88% Jan Karsten Gr 3 95% Linden Murray Gr 3 97% Ben Terblanche Gr 3 98% Luca Zulch Gr 3 99%

Jannies presteer in balleteksamen

'n Paar van die Jannies het onlangs die Royal Academy of Dance ballet-eksamens by die Cape Ballet Centre suksesvol afgelê. Die eksaminatrise was me Vlaegert. Die balletdansers het dwarsdeur die Covid-inperkingstyd via Zoom balletklasse bygewoon, onder leiding van Evelyne Aregger Esterhuyze van Cape Ballet Centre in Hofstraat, Tuine. Dit is ‘n groot voorreg dat hulle met al die toepaslike voorsorgmaatreëls ook die eksamen kon aflê. Die JvR-balletdansers wat die RAD balleteksamen suksesvol voltooi het, is: Anik Louw, Graad 1, Meriete Katryn Sylvis, Graad 1, Hoogste Lof Kate Mouton, Graad 2, Hoë Meriete Helene Greeff, Graad 2, Hoë Meriete Lara Pieterse, Graad 4, Hoogste Lof Baie geluk...

Belangrike Datums

augustus 2026

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug00:0023:59EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor