‘n Paar van die Jannies het onlangs die Royal Academy of Dance ballet-eksamens by die Cape Ballet Centre suksesvol afgelê.

Die eksaminatrise was me Vlaegert. Die balletdansers het dwarsdeur die Covid-inperkingstyd via Zoom balletklasse bygewoon, onder leiding van Evelyne Aregger Esterhuyze van Cape Ballet Centre in Hofstraat, Tuine. Dit is ‘n groot voorreg dat hulle met al die toepaslike voorsorgmaatreëls ook die eksamen kon aflê.

Die JvR-balletdansers wat die RAD balleteksamen suksesvol voltooi het, is:

Anik Louw, Graad 1, Meriete
Katryn Sylvis, Graad 1, Hoogste Lof
Kate Mouton, Graad 2, Hoë Meriete
Helene Greeff, Graad 2, Hoë Meriete
Lara Pieterse, Graad 4, Hoogste Lof

Baie geluk julle!