Hartlik welkom by ‘n vreemde begin van nog ‘n vreemde jaar. Hier by Laerskool Jan van Riebeeck poog ons om deurentyd ons leerders gemotiveerd te hou en daarom wil ons die jaar so normaal moontlik begin. Meneer Beets se algemene brief het genoem dat materiaal volgende week by die skool afgehaal kan word. Hier volg meer inligting:

Gr.2-7 Afhaal van boeke en leermateriaal: Dinsdag, 2 Februarie 2021

  1. Siftingstasies: Alle leerders/ouers moet die Nuwe Kerkstraat-ingang gebruik en gesif word indien voertuie verlaat word.

    Gr.2 & 3: Leerders/ouers ontvang leermateriaal by die tafels op die gegewe tye soos aangedui in die e-posse wat ouers reeds op 26 Januarie ontvang het. Sifting is nie noodsaaklik nie aangesien ouers en leerders in hul motors bly. Indien ‘n ouer ‘n Chromebook in die rekenaarlokaal moet afhaal, moet hy/sy gesif word by die tafel onder die skadunet.

    Gr.4 – 7: Onder skadunet voor tennisbaan. Hierdie leerders gaan haal hul materiaal in hul registerklasse af en moet dus gesif word.

  2. Tydgleuwe: Tref asb. ‘n reëling met jou kind se registeronderwyser indien die tydgleuf julle nie pas nie. By gr.4-7 word slegs een leerder/ouer toegelaat om die materiaal af te haal in die registerklasse. Dit sal ideaal wees indien die leerder self sy/haar materiaal kan afhaal en sy/haar onderwyser kan ontmoet. Hierdie persoonlike kontak sal help met motivering en rustigheid. Die dra van ‘n masker is noodsaaklik!
    Blouspan: 09:00 – 11:00
    Oranjespan: 11:00 – 13:00

  3. Leermateriaal: Leermateriaal wat afgehaal word, verskil van die fase waarin die leerder is. Handboeke, werkboeke, huiswerkboekies, voorblaaie, taakkaarte, ens. kan te wagte wees met die afhaal van hierdie onderskeie materiaal in die registerklasse. Dis daarom baie belangrik om ‘n groot genoeg sak of tas saam te bring.
  4. Chromebooks: Die skool het slegs ‘n beperkte aantal Chromebooks beskikbaar. Indien julle as ‘n gesin werklik een nodig het, stuur ‘n e-pos na suzaan@jvrprim.co.za om een te bespreek. Die Chromebooks kan ook Dinsdag tydens die tydgleuwe in die rekenaarlokaal opgetel word. ‘n Ondernemingsbrief moet onderteken word.

Aanlynonderrig: Woensdag, 3 Februarie – Vrydag, 12 Februarie 2021

  1. Die rooster en werk vir die volgende dag sal teen 17:00 op Google Classroom gelaai word.
  2. Die onderwysers sal elke dag tussen 08:00 – 11:00 aanlyn beskikbaar wees.
  3. Ons gaan slegs fokus op die volgende leerareas/vakke:
    3.1 Grondslagfase (gr. 1-3) Afrikaans en Wiskunde; Engels (gr. 3)
    3.2 Intermediêre fase (gr.4 – 6) – Afr., Eng., Wisk., NWT
    3.3 Senior Fase (gr. 7) Afr., Eng., Wisk., NW en EBW.
  4. Hersiening, verryking en pretaktiwiteite gaan voorkeur geniet.
  5. Die onderwysers gaan ook die tyd gebruik om die leerders te leer ken en anders om.
  6. Die graadhoofde en registeronderwysers sal verdere reëlings tref.

Alle leerders terug by die skool: Maandag, 15 Februarie 2021

Ons kan nie wag om ons leerders terug te verwelkom nie.

Vriendelike groete,
JVR-Exco