Baie geluk aan Mia Symington (O/12) en Dawid-Wiese Viljoen (O/10) wat beide benoem is vir die 2021 Kaapse Metro (WP) Tennisspanne. Hulle sal hul vol kleure op ‘n latere stadium ontvang sodra hulle die onderskeie spanne op die baan verteenwoordig het. Ons wens vir hulle baie sterkte toe met die eerste vriendskaplike wedstryde teen die Kavaliers in Februarie.