Handboekbrief 2021 (Graad 4-7)

Daar is heelwat ouers wat nog nie die handboekbrief vir 2021 ingevul het nie. Indien julle nog nie het nie, voltooi asb. hierdie Google Form om aan te dui watter handboeke jou kind(ers) aan die begin van die kwartaal ontvang het. Vul 'n aparte vorm vir elke leerder in.

Matriekuitslae 2020 – Hoërskool Jan van Riebeeck presteer

Al was 2020 die jaar van uitdagings het ons JVR-graad 12’s hulle nie van stryk laat bring nie. Personeel en leerders het saamgewerk en alles in hul vermoë gedoen om suksesvol te wees en dit het vrugte afgewerp. Dié groep is beslis goed voorberei vir die toekoms en woorde soos MOED, VEERKRAGTIGHEID en DEURSETTINGSVERMOË is kenmerkend van hulle. Daarom spog ons met die volgende uitslae: 16 Jan van Riebeeckers slaag met ‘n A-gemiddeld [18%] 3 leerders behaal 7 A’s 4 leerders 6 A’s 4 leerders 5 A’s 7 leerders 4 A’s Altesaam 144 A’s word in verskeie vakke behaal. TOP PRESTASIES: Lea Mascher 99% Ontwerp Mia Stofberg 97% Wiskunde (oud-leerder) TOP 10 PRESTEERDERS: Dylan Keyser 90.8% Louis Jordaan 89.5% (oud-leerder) Mia Stofberg 87.8% (oud-leerder) Leah Mascher 86.2% Johannes Smith 85.4% Ilse de Lange 84.4% (oud-leerder) Justin van Heerder 83.4% (oud-leerder) Jacques Marais 82.5% Josef Oosthuizen 82.2% (oud-leerder) Ethan Smith 82% (oud-leerder) Ons is geweldig TROTS op hierdie groep en sal die herinneringe saam met hulle vir altyd...

Jannies verteenwoordig die WP-tennisspanne

Baie geluk aan Mia Symington (O/12 B-span) en Dawid-Wiese Viljoen (O/11 B-span) wat verlede naweek, 13 & 14 Februarie, die Kaapse Metro (WP) spanne verteenwoordig het in tenniswedstryde teen die Junior Kavalier (Boland) spanne. Die O/13-spanne het naelskraaps verloor. Die O/12-spanne het gewen en die O/11-spanne het met 1 punt (stel) verloor. Ons hou vir hulle duimvas vir die volgende provinsiale...

Beste ouers en voogde

Groot opgewondenheid het Maandagoggend, 15 Februarie 2021, onder leerders, ouers en personeel geheers met die terugkeer van ons Jannies nadat skole op 15 Desember 2020 gesluit het. Baie dankie aan ons leerderraad wat ons leerders en spesiaal die Gr.1’s ontvang het, en na hul onderskeie klasse begelei het. Uiteindelik was daar weer lewe by die skool met vrolike kinderstemme wat nou daagliks duidelik hul teenwoordigheid aankondig. Roetine word ook weer deel van ons daaglikse lewe en dit is lekker om te sien hoe opgewonde die leerders is om weer hul maats in lewende lywe te sien. Die leerders is die hartklop van die skool en dit is ons voorreg as opvoeders om hulle te help om hul horisonne te verbreed en om nuwe dinge te leer en ervaar. Ek haal Solomon Ortiz aan: “ Education is the key to success in life, and teachers make a lasting impact in the lives of their students.’’ Dan kan ek nie anders as om te noem dat die feeshempies ‘n fees vir die oog is nie! Baie dankie vir elkeen wat hierdie inisiatief ondersteun. Diegene wat hempies bestel het, moet geduldig wees. Die bestelling is nog op pad. Akademie sal altyd ons kernbesigheid bly. Die eerste week het seepglad verloop. In hierdie onseker-tyd is dit belangrik dat ouers en opvoeders as ‘n span na die emosionele welstand van ons leerders kyk. Daarom moedig ek ouers aan om gedurig met jul kinders te gesels om sodoende spanning en angs te beheer. Dis belangrik om aan hulle te verduidelik dat dinge nou abnormaal is, maar dat dit in die nabye toekoms sal verander. Graag...

Op- en aflaai van leerders

Baie dankie aan elkeen wat ons aflaai- en optelbeleid so mooi volg. Ons doen 'n beroep dat jy asb. versigtig moet wees waar jy jou kind aflaai. Kinders dink en kyk nie mooi nie, hulle hardloop sommer net voor motors in, want om skool toe te kom is hul missie vir die oggend. Maak seker dat jou kind op 'n veilige plek afgelaai word. Gesels met hulle oor padveiligheid. Ons kinders is vir ons uiters kosbaar en ons wil hulle veilig...

Sportregistrasie vir kwartaal 1

Baie dankie aan almal wat die registrasievorms vir die sportprogram voltooi het. Dis wonderlik om die belangstelling te sien! Ons wil graag vir almal die geleentheid gee om aan 'n sportkode deel te neem. Waar daar 'n waglys is, het ons gepoog om vir elke kind minstens een keer per week aan 'n sportkode te laat deelneem. Swem: Waar leerders vir meer as een dag in geskryf het en daar ander was wat geen plek gekry het nie, het ons dit nou so verander dat elke kind ten minste een keer in die week die geleentheid het om te swem. Hierdie reëling het ons ook vir tennis en atletiek veral by die jonger grade toegepas. Ons glo dat almal verstaan en ook vir 'n ander maatjie die geleentheid gun om aan iets deel te neem. Indien jou kind nie meer daarin belangstel om aan iets deel te neem nie, stel asb. die sportkantoor (sport@jvrprim.co.za) in kennis sodat ons vir iemand op die waglys dalk die geleentheid kan gee om deel te neem. Die volgende persoon op die waglys word bepaal deur die tye waarop die registrasievorms ingevul is. Kliek op die gepaste graad om die finale indeling / registrasie van jou kind/ers te sien. Dit sal ook op die webtuiste beskikbaar wees. Graad 1 Graad 2 Graad 3 Graad 4 & 5 Graad 6 &...

Redenaars 2021

Die redenaarsprogram het begin en ek is so opgewonde om hierdie jaar se toesprake te hoor. Indien jy nie verlede jaar aangedui het dat jou kind wil deelneem nie en graag jou kind aan redenaars wil blootstel, stuur gerus vir my ‘n e-pos. Ek hoop om baie nuwe sprekers die jaar te verwelkom! Andri Baird...

Geagte Ouers / Voogde

Groot opgewondenheid heers onder die personeel om Maandag, 15 Februarie 2021, ons Jannies te verwelkom. Baie welkom ook aan al ons nuwe ouers by Huppelland en die Laerskool. Wees verseker julle het die beste keuse vir jul kind gemaak en my beste wense vergesel julle vir die nuwe reis. Alhoewel die aanvang van 2021 ook vreemd is, is ons skool bevoorreg om teen 100% kapasiteit te open, onderhewig aan streng Covid-19 protokol. Ons almal se wens is dat ons so spoedig moontlik kan terugkeer na ‘n tipe normaal, want die buitengewone omstandighede bring dikwels vreemde uitdagings. Daarom wil ek graag Helen Keller aanhaal: ‘’Keep your face to the sunshine and you cannot see a shadow’’. Ek nooi dus die ouers en skoolgemeenskap uit om saam met ons as personeel nie deur die pandemie ontmoedig te word nie. Ons moet eerder mekaar inspireer en onderskraag om uitdagings op ‘n kreatiewe wyse te bowe te kom. Ons moet voortbou en uitreik na gemeenskappe wat swaar deur die pandemie getref is. Ek is vanaf 1 Januarie in die stoel, voel baie tuis en alles verloop klopdisselboom. Ek was bevoorreg om reeds in die kort tydjie heelwat ouers en leerders te ontmoet en beter te leer ken. Baie dankie vir jul ondersteuning die afgelope tyd en dat julle jul kind/ers aan die skool toevertrou. Wees verseker dat ons alles in ons vermoë doen om die leerders en personeel veilig te hou. Die 100ste bestaansjaarvieringe het stil-stil begin, maar dit is besig om momentum te kry. Vanaf verlede jaar is daar baie moeite gedoen om die sigbaarheid van die 100ste verjaardag duidelik te maak...

Snoepie Spyskaart vir 2021

Ons gaan hierdie jaar voort om elke tweede week 'n spyskaart te wissel, Spyskaart A & Spyskaart B. Sien die aangehegte foto vir die spyskaart-opsies. Die etes op die spyskaart word weekliks aan ouers via die Karri-toep gestuur waarin jy jou bestellings kan plaas. Die bestellings sluit Sondae om 17:00. Die etes word eerste pouse aan leerders uitgedeel. Ons gaan ook hierdie jaar 'n soetgoed-opsie vir ouers uitstuur. Hier kan ouers 'n kombinasie-opsie vir hul kinders bestel wat tweede pouse aan leerders uitgedeel...

100 Jaar-hempies en geskenkies

Op Sondag, 31 Januarie 2021, het ons geliefde skool sy 100ste bestaansjaar so stil-stil bereik! Ons het verseker nie van hierdie groot mylpaal vergeet nie en het 'n paar items laat maak ter viering van LS JvR se groot 100! In hierdie vreemde tyd wil ons darem steeds 'n verjaardaggees verseker. 1. Hempie Ouers kon aan die einde van 2020 vir hul kind(ers) 'n spesiale feeshempie bestel ter viering van die skool se verjaardag. Ons het die eerste besending van die leerders se hempies ontvang. Dit is gemerk en aan onderwysers uitgedeel. Die meeste leerders sal hul hempies ontvang as hulle terugkeer skool toe. Die aflewering van die volwasse groottes is ongelukkig vertraag en ons verwag aflewering in die laaste week van Februarie. Leerders kan die spesiale blou feeshempie elke Vrydag saam met hul blou LO-kortbroek / skort vir die res van die jaar aantrek! Dit beteken leerders wat reeds die hempie ontvang het, kan dit vir die eerste keer op Vrydag, 19 Februarie, aantrek. Indien leerders nog nie een bestel of ontvang het nie, moet hulle hul skooluniform aantrek. Ons sal hierdie jaar elke Vrydag vir leerders die geleentheid bied om hul LS-100-hempie te dra. Indien jy nog nie 'n hemp kon bestel nie, gaan ons weer 'n kennisgewing d.m.v. die Karri-toep stuur waartydens bestellings geplaas kan word. Ouers is welkom om ook vir hulself van die hempies te bestel. Die kindergroottes beloop R120 en die volwasse groottes R150. Ons sal nuwe leerders die geleentheid gee om hempies aan te pas. Jou kind(ers) sal 'n brief huis toe bring met die grootte wat aanbeveel word. Maak asb. seker...

Buitemuurse program en COVID-regulasies vir kwartaal 1

Baie dankie vir almal se ondersteuning gedurende 2020. Ons was baie bly om te sien dat ons leerders so graag weer aktief wil raak. Hierdie jaar gaan ons daarop voortbou om ons leerders holisties te ontwikkel en het ons die sportprogam verder uitgebrei. Ons moet tydens die beoefening van die aktiwiteite steeds alle voorgeskrewe COVID-regulasies nakom. Die sportprogram sal vir almal op Maandag, 22 Februarie, begin. Leerders kan op die onderskeie dae aan 'n aktiwiteit van hul keuse deelneem. Die onderstaande punte moet nagekom word tydens die oefeninge: • Maskers moet gedra word. (Terwyl 'n opdrag aan hulle verduidelik word en hulle as groep nader aan mekaar is, moet dit gedra word. As hulle die instruksie uitvoer en daar is sosiale afstand, mag hulle die maskers vir daardie oomblik afhaal.) • Maskers moet BUITE die swembad gedra word. In die swembad mag hulle dit verwyder terwyl hulle sosiale afstand toepas. • Getalle per sessie word beperk na aanleiding van die beskikbare spasie en afrigters. • Leerders sal met die skool se bussies na die Conradieveld / Hoërskool Sportvelde en terug vervoer word. Maskers moet altyd gedra word en leerders moet hul hande ontsmet voordat hulle in die busse klim. • Leerders trek hul JvR-sportklere vir die aktiwiteite aan. • Onderwysers gaan streng wees op bywoning volgens leerders wat geregistreer het. • Vir tennis moet leerders hul eie rakette bring. • Vir krieket moet leerders sover moontlik hul eie "kit" bring. • Waar ons addisionele apparaat / toerusting gebruik, sal dit na elke sessie ontsmet word. • Slegs leerders wat geregistreer is en 'n "plek-opsie" kon kies, is gewaarborg van...

2021 Elevate Parent Webinar Series – Gr.6 & 7

What is the webinar series? At the onset of school closures last year, we hosted a FREE parent webinar series to support our client schools and their parents through the challenges of remote learning. We ran 12 sessions that were attended by over 10,000 parents and the feedback was fantastic. Due to popular demand, we are expanding the series into 2021 to address a range of topics that parents had questions about. Upcoming dates February 17th - Time Management techniques to align the family expectations on homework and school-life balance. March 3rd - Note taking skills to help students to deepen their revision. March 17th - Motivation and the role of parental praise and goals. Webinar registration page: Click...

Afstel van atletiekbyeenkoms

Ons het gedurende die vakansie 'n skrywe van die Suid-Afrikaanse Skole Atletiek Federasie ontvang wat aandui dat daar geen Skole / Sone / Kring / Distrik / Provinsiale en Nasionale atletiekbyeenkomste gaan plaasvind nie. Dit is vir hierdie rede dat ons eers ons Interhuis-byeenkoms afstel wat ons van einde 2020 laat oorstaan het. Ons beplan om steeds met atletiekoefening voort te gaan en sal saam met die res van die buitemuurse program op 22 Februarie begin. Om dit vir almal veilig te maak en by alle COVID-regulasies te hou, sal ouers weer hul kind/ers moet registreer. Hierdie skakel sal in die volgende nuusbrief beskikbaar wees. Ons glo en vertrou dat dinge met tyd weer na normaal sal terugkeer en ons aan die einde van die jaar weer ons tradisionele Interhuis byeenkoms sal kan...

Belangrike Datums

augustus 2026

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug00:0023:59EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor